Dis ‘n reënerig dag, ouma en Franco bak gemmerbroodmannetjies , die manne speel gholf en ek en Maya gaan bietjie in die winkels rondflenter. Ek drink n lekker koffie en sy speel op die bank , na n natreën stint , raak sy aan die slaap en ek kon lekker browse in die “designer” winkels. Dis heerlik om rond te loop sonder om gejaagd te wees.