Satellite
Show on map
  • Day 14

    Noordpoolsirkel en verder Noord

    September 5, 2018 in the United States ⋅ ☁️ 7 °C

    Ons was vanoggend 05:30 by die North Alaska Tour Company vir ons 'Arctic circle fly/drive experience'. Ons het gery op Dalton highway, wat basies soos Suid-Afrika se paaie lyk, slaggate en grondpad en teerpad gemeng. Dit was aanvanklik net 'n pad vir die olie maatskappy, maar is toe oopgemaak vir die publiek. Baie min mense gebruik egter die pad, behalwe die trokke. Dit loop al langs die olie pyplyn. Dié het 3 jaar en 2 maande gevat om klaar te maak en vervoer olie van Prudhoe baai deur Alaska. Dis baie interessant, die olie in die pyp is warm, alhoewel die pyp as isoleerder dien. Gevolglik kon meer as 400 myl van die meer as 800 myl lange pyplyn nie ondergrond gebou word nie... die permafrost (grond wat permanent gevries is vir 2 of meer agtereenvolgende jare, waarvan meer as 80% van Alaska se grond op verskillende dieptes bestaan) sou smelt en dus te onstabiel wees. Hierdie dele is bo grond gebou, maar voorsorg moes getref word vir beweging ens. Ons eerste stop was by Joy, Alaska. 'n Gesin het hier vir hulle 'n huis gebou. 'n Ander gesin het ook 'n paar jaar later daar gaan bly. Die kinders het 'n lemonade stalletjie begin vir die trokke wat verby kom en begin geld maak so. Die pa het toe 'n winkeltjie ook oopgemaak. Die volgende stop was Yukon river camp, waar mense middagete kon bestel. Dis langs die Yukon rivier, wat amper 'n halfmyl breed is en vroëer as vervoer medium gedien het in die somer, en waar voertuie oorgery het in die winter. Daarna is ons Noordpoolsirkel toe, waar ons oor die 'lyn' geloop het en 'n sertifikaat gekry het wat sê dat ons daar was. Die laaste stop was in Coldfoot, wat nog verder Noord lê. Dis 'n klein winkeltjie, vulstasie, inligtingsentrum en oornagverblyf. Dit was vroëer, in die goud jare, groter, maar almal het na Wiseman getrek toe hulle meer goud daar ontdek het. Ons sou van hier af terugvlieg, maar die weer was te sleg, so ons moes toe terugry met 'n ander bussie. Ons kom toe eers 00:00 terug in Fairbanks. Ons het net gaan pak en toe vinnig via die Noordpool, waar ons gou na Santa Claus house en sy lewendige takbokke gaan kyk het, alhoewel dit toe was, lughawe toe gekom.Read more