Satellite
Show on map
  • Day 9

    Mount Batur, warm bronne en afsluiting

    April 25, 2019 in Indonesia ⋅ ⛅ 23 °C

    Die laaste dag in Bali... die toerleiers kom laai ons 02:30 die oggend op by die Bungalows en ons ry so uur na Mount Batur - dis die derde grootste vulkaan op die eiland. Ons kry toe stap leiers en ons stap op teen die berg - dis glo so 2ure se stap. Ma was nog siek en ek het ook nie te lekker gevoel nie, so ons vat toe motorfietse tot by die eerste piek. Hulle ry erg goed motorfiets en die terrein het baie, skerp draaie en los grond, maar hulle doen dit elke dag en ek love die stukkie adrenalien. Charles was ook siek so hy kom ook tot by ons met 'n motorfiets, maar hy en ma bly agter toe die res van die groep daar kom en ons verder opstap tot bo. Die toerleiers maak ontbyt vir ons (wat ek nie geëet het nie, want Bali belly) en ons kyk die sonsopkoms - woorde kan dit nie beskryf nie, so ek gaan nie eers probeer nie. Ons stap verder na die krater en neem foto's en gaan na die warm gate waar die berg stoom uitblaas. Daarna begin die staptog ondertoe. Aan die onderkant loop mens deur beboste plantegroei en dis ongelooglik hoe dit verskil op een berg. Ons ry toe na 'n natuurlik warmwaterbron en swem en ontspan daar vir so uur en 'n half en ry terug huis toe. Ek huur weer 'n scooter en ry vir oulaas om geskenke te koop en gaan maak 'n laaste draai by die ryslande. Die aand gaan ons na 'n baie mooi plek net buite Ubud vir die afsluitingsete met 'live' musiek en buffet ete met lekker kos en ons kuier en swem vir 'n laaste keer in Bali. Die pakwerk begin toe ons by die huis kom (wat 'n uitdaging!).Read more