• Aankom in België

    11 juin 2022, Belgique ⋅ ⛅ 18 °C

    In Brussels aangekom, vat ek die geel en blou trein na Nederland en klim in Noorderkempen af, waar Liehet my oplaai. Ons gaan doen eers gou inkopies oppad huis toe. Hulle het soooo baie brode en ander oulike kosse. So baie verskillende tamaties.
    By die huis braai ons, Laudo speel in sy swembadjie en ons vang net lekker op en kuier bietjie.
    21:30 gaan stap ons, want dis nog helder daglig (eintlik sonsondergang, maar dit raak eers na 22:00 donker) en gaan slaap laat.
    Ook... findpenguins draai al my foto's om, maar is glo besig om dit reg te maak.
    En savoir plus