• Veilig in Vila do Conde

    12 settembre 2024, Portogallo ⋅ 🌙 18 °C

    Almal is veilig in Vila do Conde ná 21 km al langs die kus. Dit was ‘n gemaklike stap met baie rusplekke en restaurante langs die pad. Aandete was ‘n feesmaal met ‘n buffet wat letterlik kreun onder enigiets van sushi tot ‘n sjokolade-fontein. Die bene is ingesmeer en die eerste blase begin pla, maar die gees loop hoog! Môre wag ‘n korter dag van 17 km. Tot dan! _Boa noite!_Leggi altro