• Dag 10: Arcade

    20 settembre 2024, Spagna ⋅ ☁️ 23 °C

    Sjoe!
    Sjoe vir nóg ‘n lang stapdag (50 km oor 2 dae!), sjoe vir die erge steiltes (heupe en bene!), sjoe vir die erge afdraandes (tone en knieë!), maar sjoe vir die lafenis van ‘n koel dag, en asemrowende uitsigte en woudtonele. Die reuk van Eucalyptus hang in die nat bloekomwoude. Vanaand slaap ons in Arcade.Leggi altro