• Maryke
  • Danelle Aucamp
  • Maryke
  • Danelle Aucamp

PORTUGESE CAMINO 2024

Stap saam wanneer ons vanaf 12 tot 25 September die Portugese Camino as 'n Netwerk24-groep aanpak. Leia mais
  • Dag 12: Caldas de Rei

    22 de setembro de 2024, Espanha ⋅ ☁️ 17 °C

    Die roete was ons genadig en het gesorg vir ‘n meestal plat, koel, mooi stapdag deur plase en woude. Ons moes wel gewoond raak aan die singende speke van die talle fietsryers op die roete. Dis beslis besiger noudat ons Santiago nader, want dis verpligtend om die laaste 100 km na Santiago te stap om jou Compostela aan die einde te ontvang. Oral klink die klik-klak van stapstokke en verskillende tale op. Caldas de Rei is pragtig met warmwaterbronne vir die seer spiere. Môre is ons tweede laaste dag met ‘n 19 km na Padron. Voel of ons al maande weg is van die huis en tyd wonderlik stilstaan.Leia mais

  • Dag 13: Die pad lei na Padrón

    23 de setembro de 2024, Espanha ⋅ ☁️ 11 °C

    _Buenos dias!_ Vandag kan ons weer uitsien na pragtige woude en stil plaasgebiede voor ons die Ullarivier net voor Padrón oorsteek. Padrón is bekend vir twee dinge: Sy gewilde groen rissies, padron peppers, en die legende dat die oorskot van die Apostel Jakobus per boot tot hier uit Palestina gekom het voor dit na Santiago de
    Compostela vervoer is. Vandag se tog vir ons pelgrims is 19 km ver.

    📸 *Besienswaardighede langs die roete:*
    - Church of Santa Mariña (O Campo)
    - Romeinse era brug oor die Ullarvivier (dateer uit 25 BC!)
    - Church of St. James (Padrón) Die kerk is glo rondom die klip gebou waaraan die skip met Johannes se oorskot vasgemaak is terwyl dit in die rivier gemeer was. Jy kan daarna gaan kyk binne-in die kerk.
    Leia mais

  • Dag 13: Padrón

    23 de setembro de 2024, Espanha ⋅ ☁️ 18 °C

    Almal het veilig in die ou stad, Padrón, aangekom. Ons hotel is op die rivier met ‘n netwerk van stegies net agter ons. Die stapdag was gemaklik, maar daar is ‘n effense senuweeagtigheid in die lug oor die roete wat lyk of dit skerp gaan klim soos ons Santiago de Compostela, ons eindpunt, môre nader. Die lywe is moeg. En die weervoorspelling nie in ons guns nie. Maar saam sal ons deur daardie poort tot op die plein stap. ‘n Groot oomblik wag! Tot môre.Leia mais

  • Dag 14: Santiago de Compostela toe!

    24 de setembro de 2024, Espanha ⋅ ☁️ 15 °C

    Vandag is die groot dag! Ons stap ons laaste treë op die Camino na ons eindbestemming in Santiago de Compostela. Vandag is weer ‘n 25 km stapdag - in die reën! Ons spring vroeg weg om onsself genoeg rustyd langs die pad te gee. Die roete klim geleidelk soos ons Santiago nader en die laaste 3 km is deur die stad se strate. Vasbyt, die katedraal kom nader!

    📸 *Besienswaardighede langs die pad:*
    - St Mary of Adina Church
    - Sanctuary of A Escravitude
    - Church of St Mary of Cruces
    - Monastery of St Mary of Conxo
    Leia mais

  • Die eindpunt: Santiago de Compostela

    24 de setembro de 2024, Espanha ⋅ ☁️ 20 °C

    Ons is hier! Ná 240 km wat by Porto in Portugal begin het, het ons pas deur die poort van die Santiago de Compostela-katedraal ingestap, begelei deur die klanke van die doedelsak wat jou altyd hier verwelkom. ‘n Groot oomblik. Veral vir een van ons pelgrims wat reeds 60 jaar oor hierdie oomblik gedroom het. Wat ‘n voorreg dat ons groep dit saam met haar kon beleef! Môre wag die besondere botafumeiro-pelgrimsdiens in die katedraal.Leia mais

    Final da viagem
    25 de setembro de 2024