• Ete na die game

    October 19, 2019 in Japan ⋅ ⛅ 19 °C

    Na die wedstryd is dit tyd om te eet. Ons gaan na "Memory lane" toe, n baie klein straat met klomp yakitori restaurante. So paar jaar terug het dit bekend gestaan as "piss alley". Die restaurante is baie klein en vat ongeveer 10 mense op n slag. Ons bestel chicken skewers en drink bier by die eerste plek n bier. Daarna loop ons 300m verder en kry my nuutste gunsteling Japanese kos; Tatsuta-Age, (Japanese fried chicken.) Dit word gedrink saam n Highball met coke en suurlemoen. Toe ons 23:30 terugstap huis toe, is die strate nog propvol.Read more