South Korea
Chuksŏng

Discover travel destinations of travelers writing a travel journal on FindPenguins.
Travelers at this place
    • Day 6

      Exploring en snaakse goed

      March 8, 2019 in South Korea ⋅ ☀️ 8 °C

      Die son het uiteindelik so bietjie geskyn en toe vaar ek die strate in...omtrent gehop soos ek skrik vir n glaskas vol 'slange' voor die een restaurant. Eel is blykbaar n big deal hier, maar ek was nie te vinde vir die idee nie. Ek het n stukkie natuur gesoek en n berg gekry, maar dit was monster koud so ek sal hom later klim. Bo die berg was daar soooo baie voëls en ek het sommer net gestaan en kyk....koreane het klomp bygelowe oor voëls en baie van hulle is bang vir voëls (seker oor daar so min in in die stede). Twee ander bygelowe is dat jy nooit iemand se naam in rooi mag skryf nie oor dit bad luck is en verder is die nommer 4 ook bad luck oor die uitspraak baie dieselfde is as hul woord vir dood. Hulle voel so sterk hieroor dat die hysbakke n 'F' ipv n 4 het.Read more

    • Day 10

      100 dag viering (koreaanse tradisies)

      March 12, 2019 in South Korea ⋅ ☀️ 13 °C

      In Korea is dit n groot viering as n baba 100 dae oud is. Dit is tradisioneel om dan White rice cake ~ baeksulgi te maak wat purity en n lang lewe simboliseer en dan red bean rice cake ~ susupatdduk wat al die 'evil spirits' sal weg jaag. Die familie vier dit dan en as hul wil ook die skool waar hul kind is. Ons leerling se boetie is 100 dae oud en ons kan in die vreugde deel. Die koreane het soooo baie tradisies!Read more

    • Day 28

      Cherryblossom fest

      March 30, 2019 in South Korea ⋅ ⛅ 10 °C

      En skielik ontaard hierdie yskoue winter in n sprokies wereld van kersie bloeisels...en slaan jou asem weg soos n koue wintersoggend. Natuurlik soos die Koreane is, is alles weer in oorgawe! Ons kyk bloeisels, dra bloeisels en eet bloeisels! Ek word uit ky sokkies bederf met 2 random foreigners wat massiewe bubbles blaas....heel op die punt. Daars altyd magic op die einde, maar te min mense hou aan tot by die einde! Die bloeisels en liggies is verbysterend en maak jou so oomblik verlief voel...en dan lief voel...vir die lewe.Read more

    • Day 91

      Koffie in die Park

      June 1, 2019 in South Korea ⋅ ⛅ 18 °C

      Baie goed is anders hier, maar die een was nie veronderstel om te wees nie. Ek werk saam n baie interessante karakter en toe hy my nooi vir koffie, het ek soos enige standaard uitgawe van n mens, 'n koffiewinkel in gedagte gehad. Michael is nie n standaard uitgawe nie. Michael doen ook nie standaard koffie nie. Ons skop die Saterdag af met sy standaard uitstappie (Michael is n creature of habbit) na die 2de handse winkel. Die swift shop is eintlik n hele storie op sy eie, maar dit eers daar gelaat. Na swift shop stap ek toe nou agter hom aan (hy verstaan nie van 'I have little legs' nie) en ek doen so strompel-stap-draffie-agtige iets terwyl ek reeds in my kop my koffie vir n yskoffie ruil. Volgende oomblik stop ons in die park langs my huis en hy begin sy sak uitpak. Moontlik vir effek, sit hy eerste n mesagtige ding neer en toe volg n stofie, n gasbottel, blink goeters en uiteindelik koffie, suiker, melk en n plunger. Ek begin spontaan lag en neem n foto in my kop om die oomblik te onthou. Pleks ek maar toe al my kamera reggekry het. Volgende oomblik verklaar hy sy ongelukkigheid en die hele tafel is nat onder die gas wat uitgeloop het. Hy vra my om terug te sit en voor ek nog kon wonder hoekom, steek hy die tafel aan die brand! Op die stadium lag ek al uit my maag uit. Ek leef vir oomblikke soos die! Gelukkig is die tafel van vulkaan klip gemaak (daai vrekkin een wat ek geklim het) en dit brand gou uit en ons maak koffie! Beste koffie date ooit!Read more

    You might also know this place by the following names:

    Chuksŏng, Chuksong

    Join us:

    FindPenguins for iOSFindPenguins for Android