Turkey
Üçgen

Discover travel destinations of travelers writing a travel journal on FindPenguins.
Travelers at this place
    • Day 7

      Dag 7- Cappadocia en pad na Antalya

      August 12, 2022 in Turkey ⋅ ☀️ 33 °C

      Ek dink ons ervaar iewers iets in ons lewe wat mens doodeenvoudig nie in woorde kan beskryf, of foto's vasvang nie. Lugballon ry in Cappadocia is een so ervaring! Die bussie het ons reeds 03:30 opgetel en dus was dit 'n BAIE vroeë oggend vir ons! Ons is toe na die plek waar die vlug begin. Dis nogal 'n storie om die hele ding aan die gang te kry en dis MASSIEF! Ons is toe nou op ons vlug... Definitief een van die hoogtepunte in ons albei se lewens! Daarna is ons terug hotel toe, gou ons laaste goedjies gepak en in die kar gelaai en toe ontbyt gaan eet by die hotel. Die Groentoer se bussie het ons toe daar opgetel na ontbyt. Ons gids vir die dag was baie oulik en die bussie het darm aircon ingehad. Ons toer het begin by die Selime Katedraal, waar die Christene baie baie baie jare gelede 'n kerk, kapel, kombuis, en al daai dinge hoog in 'n berg in die grotte uitgekap het. Dis ongelooflik om dit te beleef! Van daar af is ons na die Ihlara Vallei toe. Dit is die grootste kloof in die wêreld wat deur mense bewoon word. So daar is ons toe nou die honderde trappies af, na een van die kerkies in die berg toe, wat uitbeeldings van Daniël in die leeukuil, Maria, Josef en Jesus, die Wyse manne en so aan op die dak het. Dit is wel al baie afgehaal en beskadig. Van daar is ons al met die rivertjie af. Ons het aan die einde van ons stappie middagete geëet. Oppad bussie toe het twee Turke begin baklei en ons was sommer geskok! Mekaar met stoele gegooi en alles! Gelukkig het die een toe op sy bromponie gespring en daar is dit toe darm verby! Ons is toe na die ondergrondse stad toe. Die Christene het dit gebou, na die Romeine gesê het dat indien enige een 'n Christen sien, hulle hulle lewend kan brand of self vasbind en los vir die wilde diere om te eet. Die Christene het dus die streek gekies om in te bly, aangesien al die berge en rotse dieselfde lyk. Hulle het toe ook die ondergrondse stad begin "ontwikkel" die eerste twee vloere vir skuiling vir die diere en stoorplek vir die kos. Die temperature is gereguleerd onder die grond en dit help die diere in die baie warm en baie koud! Verder het hulle nog 5 vloere ondertoe ontwikkel, wat so gemaak is dat as die Romeine kom om hulle aan te val, hulle 'n groot klip voor die "ingang" rol, wat die Romeine nie kon skuif nie en hulle dan verder daar binne gebly het. Daar is kerke, kombuise, luggate en selfs begrafplase daar binne. Hulle het vir maande of selfs jare aan een daar binne gebly, wanneer hulle onder die aanval was. Na ons deur dit was, het ons gou by die Duiwe Vallei gestop. Duiwe vorm 'n baie belangrike deel vir die streek, aangesien die duiwe poef gebruik word as bemesting. Hulle het klomp gaatjies uit die klip vir die duiwe uitgekap as hokkies. Ons is van daar af gou Spice Bazaar toe, waar alles vrek duur was! Ons is toe hotel toe en het in die kar gespring om Antalya toe te ry. Mens ry 'n goeie amper 7 ure aan 500 km. Oorspronklik was die pad vreeslik mooi en alles het goedgegaan. Damian het lekker bestuur en ek lekker geslaap... En toe, 'n hele pas wat net grondpad was! Sonder bordjies of enige iets! Ons het dit toe nou gelukkig oorleef en so 01:00 hier aangekom... Ek toe dadelik bed toe!

      Al ons groete en liefde!♡
      Read more

    • Day 8

      Dag 8 - Antalya

      August 13, 2022 in Turkey ⋅ ☀️ 32 °C

      Aangesien ons bitter min slaap ingekry het die afgelope paar dae met ons besige skedules, het ons 'n heerlike, stadige Saterdag gehad... Ons het bietjie laat geslaap, geen alarms of enige plek om te wees nie. Toe ons klaar opgestaan en klaar gemaak het, het ons die strate ingevaar. Ons het lekker rondgeloop en na die klomp winkeltjies gekyk. Ons is toe na die "Old Bazaar" toe, waar ons rondgekyk het en toe sommer vir ons handdoeke gekoop het. Van daar af is ons Old City toe, waar die stad begin het. Dit is nou gevul met klomp klein winkeltjies, waardeur ons gestap het. Ons het na die toring gaan kyk en is toe sommer daar by 'n klein museumpie in. Dit was ongelooflik warm en ek was seker daarvan dat ons gaan sterf van hitte uitputting! Dit was rerig erg! Haha! So toe stap ons stadig aan terug na ons hotel se kant toe. Ons stop toe gou eers by die mall, want orals sien ons advertensies van Nutella roomys en aangesien dit deesdae Damian se gunsteling is, moes ons dit opspoor! Dit was toe nou nie in die Mall nie, maar ons het toe gou middagete gekry en is toe huistoe vir 'n middagslapie en die rugby. Dis nogal 'n storie om in die land te probeer rugby kyk. Na die rugby het ons Land of the Legends toe gegaan, waar ons gesien het almal wag om die fontein vir wat ons gedink het 'n water vertoning gaan wees. Groot was ons teleurstelling toe dit na 40 minute se wag 'n kindervertoning met 'n beer was! Ons loop toe maar deur, dis vrek mooi daar, maar alles is ONGELOOFLIK duur daar. Ons wou oorspronklik aandete daar eet, maar het besluit teen daai prys mag ons dalk bankrot daar uitstap. Ons het toe maar die liggies en kasteel gaan kyk en toe gery om kos te soek. Aangesien dit net voor 12 die aand was, was daar nie rerig baie plekke oop nie en is ons toe by die Mc Donald's in. Hulle kos proe rerig nog anders as ons sin ook! Dis baie opvallend dat die Turke MAL oor tamatie is, aangesien daar tamatie in amper elke dis is, maar dit was vir my ook baie duidelik toe ek sien dat saam hulle Happy Meals, jy 'n bygereg van Cocktail tamaties kan vat! Van daar is ons toe oppad huistoe, toe ons verby die Nutella roomys plek ry! Dadelik 'n U-draai gemaak en gaan roomys koop! Ek bedoel, watse roomys winkel is inelkgeval nog oop 00:45? Die roomys was baie lekker en boonop nog goedkoop ook! Twee sugar cones, met twee scopes elk, was so R28 saam... Ons was gelukkig! Van daar is ons toe nou Hotel toe en terug in die kooi!
      Al ons groete en liefde!♡
      Read more

    You might also know this place by the following names:

    Üçgen, Ucgen

    Join us:

    FindPenguins for iOSFindPenguins for Android