Honeymoon - Turkye

August 2022
A 17-day adventure by Leoné Read more
  • 17footprints
  • 3countries
  • 17days
  • 159photos
  • 0videos
  • 12.4kkilometers
  • 10.4kkilometers
  • Day 1

    Dag 1 - Dubai

    August 6, 2022 in the United Arab Emirates ⋅ ☀️ 38 °C

    Na 'n baie lekker troue, met KLOMP interessanthede, is ek en Damian uiteindelik oppad na die wilde weste en vir die eerste keer oppad oorsee... Dankie tog vir my ma en sussies wat ons so mooi help pak het en alles bymekaar gekry het! Met 'n spoed is ons toe nou vanoggend uit die Wittebroodkamer en jaag ons lughawe toe (Ons is mos maar altyd bietjie laat!). Daar het ons heerlik ontbyt saam met Tannie Anita, Oom Roelof, Tant Saar, Oom Anton, Ans, Stefans, Assie, Kabbie, Oom Chris Kerskous en Die Ma (Ja ek moet almal lys, want my waardering is GROOT!), tussen die in check en so deur... Ons vlug was heerlik, bietjie lank, maar lekker! Emirates het ons rerig beindruk! Ons is nou in Dubai en gaan nou maar hier rond drentel op die lughawe tot ons weer verder vlieg... Die lughawe is MASSIEF en BAIE duur! R200 vir 'n melkskommel het my sommer my lus daarvoor laat verloor!
    Ons gaan nie baie aktief op ons fone wees tydens ons Wittebrood nie, so verskoon asseblief as ons julle nie reply nie, maar ons sal daagliks probeer om 'n Pikkewyn op te laai om te wys ons lewe nog...

    Baie groete en liefde!♡

    After an amazing wedding, with A LOT of interesting things, we finally have the privilege to embrace our first overseas trip, as well as our honeymoon. Thank goodness for my mom and sisters who jumped in and helped with all the arrangements and getting everything packed. This morning we left the honeymoon suite in quite a hurry and rushed to the airport (Ya ya, we are always late) ... We met my family there for an amazing breakfast in-between the check-ins and everything, I am so thankful for them joining us! Our flight was long, but amazing. Emirates really impressed us! We are currently in Dubai and will be exploring the Airport while we wait to fly onto our next destination... The Airport is huge, and VERY expensive! I lost my want for a milkshake when I saw it's R200 one...
    We are not going tonbe on our phones often during our Honeymoon, so please excuse us if we are not responding to your messages... We will try to post a Findpenguin daily, to show that we are still alive...

    Lots of love!♡
    Read more

  • Day 2

    Dag 2- Dubai na Istanbul

    August 7, 2022 in Turkey ⋅ ⛅ 24 °C

    So, ek begin die dag maar by 00:01 vanoggend, aangesien dit omtrent is hoe laat ons in Dubai aangekom het... Die mense op Dubai se lughawe is vreeslik vriendelik en behulpsaam, nog voor jy dink dit lyk of jy verdwaal spring daar iemand iewers uit en help jou. Ons het tot omtrent 4 uur rondgeloop (Ja, die oggend!), kossies gekry, Damian sy droom winkel ontdek ('n Hele Nutella winkel!) En toe gaan slaap ons... Ons het nooit gedink dat ons so diep sal slaap in die publiek nie, maar ons het verseker uitgehaal en gewys! Ek het myself boeglam geskrik toe die interkom net na ek aan die slaap geraak het aangaan en 'n mannetjie begin sing... Moslem area en so... Heellaas het ek herstel van my hartaanval en toe nou baie lekker verder geslaap. Ons het na ons slapie toe nou gaan board om verder te gaan vlieg. Baie pret toe ons uitvind dat ons toe nou nie langs mekaar op die vliegtuig sit nie. Ek eindig op tussen twee Turke en Damian darm saam ander Suid Afrikaners. Ek kan nie veel van die vlug onthou nie, want ek het weereens te lekker geslaap! Die kos was well baie lekker! Aangekom op die lughawe het ons gou geskarrel om n simkaart te koop, tasse te kry en toe gaan soek ons 'n bus in die rigting van waar ons bly. Die mense jok nie as hulle sê Turkeye se strate stink en is vuil nie, mens raak gelukkig soms gewoont aan die reuk. Na die bus is ons toe nou op 'n tram vir die volgende stukkie. Die mense is vreemd en die mannetjie wat langs my gestaan het, het sommer 'n paar keer net daar in die treintjie gespoeg! Ek het hom amper maniere geleer! Ons moes die laaste 2 km omtrent stap tot by ons hotel en ek kan eending sê, die hitte is nie 'n man se maat nie! Die mense hier help darm as mens verdwaal en vertrou blykbaar die samelewing vreeslik baie, aangesien hulle sommer die hotel ooplos en heeltemal iewers anders was. Ons kry toe darm ons kamer, baaaaaaaie trappies op en toe raai raai... Vat ons 'n slapie! Heerlik! Die naglewe hier is nogal indrukwekkend en ons het 'n HEERLIKE aandete geëet! Ons het toe nou maar bietjie gaan rondloop en is nou weer by die hotel, 23:45 en verseker reg vir my volgende slapie! Oh ja! Fun fact... Ek verbaas my aan hoe vet die "stray" diere hier is! Die mense kyk definitief steeds na hulle...
    Baie groete en liefde uit Warmland!

    Okay, I'm starting our day at 00:01, seeing that that's more or less the time we landed in Dubai. The people at the airport are super friendly and you can just think that you might be lost and then someone jumps out of nowhere and guides you. We explored the Airport until 4ish (Yes I know... No one believes me when I say that I stayed up for so long), got some food, visited Damian's dream shop (A Nutella shop!) and then we went to sleep. We never thought it is possible to be sleeping so deep in public! Just after I fell asleep, the intercom guy decided to give me a mini heart attack with his prayer... After I recovered from that, I took an amazing nap! We went to our gate and boarded after we woke up. We realised with a shock that we are not seated next to each other. I ended up sitting between two Turkish people and Damian had South Africans next to him. I cannot really remember anything about the flight, seeing that I took another amazing nap! The food was amazing though... We quickly went to get a sim card as we arrived and then we took the bus to get closer to our Hotel. We then changed from our bus and hopped onto a tram. The streets are very dirty and stinky, but you get use to the smell... The guy on the Tram spat a few times (IN the tram!) And I almost taught him some manners... We then walked the last 2 km's to our hotel and I almost died of the heat! The people here are very trusting, seeing that they left the hotel open, not being close to it... We eventually found our room and then... You guessed it... Took another nap! The night live here are quite vibrant and we ernt for an amazing dinner at one of the restaurants. Afterwards we scrolled through the streets and eventually got back to the hotel now, 23:45 and I'm definitely ready for my next sleep... Fun fact I'm amazed about how fat the stray dogs and cats are, the people are definitely still looking after them...
    All our love from this oven!♡
    Read more

  • Day 3

    Dag 3- Istanbul

    August 8, 2022 in Turkey ⋅ ☀️ 30 °C

    Die mense begin al vroeg vroeg raas hier in die strate, maar ons kon darm bietjie inlê... Na ons opgestaan en reggemaak het, het ons die strate ingevaar... Oppad na die Grand Bazaar ( Een van die grootste en oudste onderdak markte in die wêreld), het ons gou by 'n straat restaurantjie gestop en "ontbyt" gekry. Die kosse hier is vreeslik vleis gerig en dit maak ons net gelukkig! Ons is toe na die Grand Bazaar toe, waar ons vir lank rondgeloop het. Daar is miljoene (okay, ek oordryf seker so bietjie) winkeltjies met die mooiste goedjies! Ons het na die Bazaar toe gou hotel toe gegaan om bietjie af te koel en 'n slapie te vat. Na ons slapie het ons 'n haarkapper gaan soek en toe nou bietjie my hare baie korter gesny... Die haarkapper was baie oulik en snaaks. Soos hy my hare afgesny het, het hy dramaties neergegooi en na die tyd vir my gesê; "I feel so relaxed now!" Shame, die arme dingetjie het my hare probeer uitkam... Na die uitstappie salon toe, het ons na die Blue Mosque toe gegaan, maar dis onder konstruksie en mens kan basies niks sien nie. Goeiste en die mense se voete stink! Ons het toe op die Arasta Bazaar afgekom en heerlik daar rondgeloop. Daar was so oulike winkeltjie waar mens kan aantrek soos in die Ottoman dae en dan 'n klein fotosessie het. Ons het dit gedoen en die vroutjie wat die foto's neem is nogal op dit! Na dit het ons by 'n Hookah restaurant gesit, Turkse tee gedrink en 'n rerige Turkse Hookah gerook. Ek rook oor die algemeen nie enige iets nie, maar when in Rome... Of well, Turkye dan... Dis nogal indrukwekkend met die heel pynappel as geur middel. Daarna is ons na 'n Rooftop restaurant vir aandete. Dis rerig nogal iets besonders om die wêreld van daar bo af te beskou. Ons het uitgekyk oor die kanaal en die liggies van die Asia kant van Turkye. Ons het so oulike aandete bestel wat hulle die vleis in 'n kleipot gaar maak, dit dan voor jou bietjie in die vuur warm maak en die pot dan oopbreek en jou kos uitgooi. Baie nice! Hagia Sophia Mosque is 24 uur oop en ons besluit toe net na tien om daarna toe te gaan, want dit sal mos stil wees... Toe nou nie! Ons het op die mat gesit en wag dat die klompie klaar bid en toe bietjie rondgekyk. Dis oorspronklik gebou as 'n Christelike Katedraal, toe 'n Katolieke katedraal, toe later verander in 'n Moskee, daarna in 'n museum en nou is die weer 'n Moskee. Daar is beide Christelike en Moslem goed op die dakke geverf. Ons het verby so mooi fontein met liggies geloop oppad huistoe en gaan nou weer lekker slaap. Dit voel vir ons of die mense hier nooit slaap nie, aangesien nog baie winkeltjies oop was oppad huistoe (na 11 die aand), hulle asbliklorries asblik sake optel en hulle strate skoon maak in die aand. Daar is nog baie mense wat rondloop en dis eintlik nog baie besig. Maar die twee besige bytjies het nou weer ons slapie nodig!
    Baie groete en liefde!♡

    The people here start their day quite early and make a lot of noise. Atleast we had some time to stay in bed a bit later. After we finished preparing for the day, we went to the Grand Bazaar. It is one of the biggest and oldest underroof markets in the world. On our way there we stopped for a quick "breakfast". The food here are very meat oriented and we love every second of it. We then scrolled through the Bazaar for quite some time, it's got thousands of little shops, with the most beautiful things in it... After that, we went back to the hotel to cool down and take a quick nap. When we finished our nap, we went on a hunt for a hairdresser and I cut out a lot of my hair. The guy who did it, was very nice. He threw my hair very dramatically as he cut it and afterwards informed me that he feels very relaxed now. Shame, he tried to brush out all of my knots... From there we went to the Blue Mosque, but it's currently under construction and we could barely see anything. Oh my word, a whole building full of people taking of their shoes, can be stinky stink! We discovered the Arasta Bazaar and scrolled through there. There was this cute little shop where you can dress up and they have a mini photo session with you. The lady taking the photos are quite on it. We then went to a Hookah restaurant, drank some Turkish tea and smoked a traditional Hookah. It's impressive when they bring it to you and the "flavor" consists of a whole pineapple! Afterwards we went to a rooftop restaurant and had the amazing view of the Turkish Asia across the water with all its lights. We ordered a dish that they cook in a claypot and then break it open for you to enjoy. We finished off the night at Hagia Sophia Mosque, thinking it will be quite. The complete opposite. It's very impressive. We finished the night by scrolling past a wayer feature with lights and everything. As we walked back, after 23:00, we realised that these people never sleeps. They also do cleaning of the streets, as well as pick up the garbage bag at this time. We are going to have a fantastic sleepy time now...
    All our love and regards!♡
    Read more

  • Day 4

    Dag 4 - Van Turkye na Cappadocia

    August 9, 2022 in Turkey ⋅ 🌙 23 °C

    Vandag se Pikkewyn gaan nie baie lank wees nie, aangesien ons vandag nie besonders baie gedoen het nie. Ons is vroeg oggend wakker en het toe gou gepak en toe koers gekies na die Asia kant van Turkye om ons karretjie te gaan huur. Ons het toe besluit om 'n geel taxi te vat, vir die ervaring daarvan, maar ook oor ons nie lus was vir al die klipperige paaie, heuwels op en so aan met die swaar tasse tot by die publieke vervoer nie. Almal waarsku mens dat die "locals" altyd probeer voordeel uit toeriste trek en dis rerig so. Die metertjie het gewys TRY120, maar die ou het volstrek dat hy nie ons bagasie gaan gee as ons nie TRY220 gee nie, oor hy deur die tonnel onderdeur die see gery het. Aan die Asië kant het ons gou ons karretjie gehuur, ontbyt gaan eet en ons roadtrip beplan. Dis die eerste keer wat ons iewers gekom het waar NIEMAND 'n woord Engels verstaan nie en ons het toe nou maar van die prentjies af bestel, aangesien alles in Turks was. Ons is toe vinnig na die Mall toe vir 'n kar laaier. Die elektroniese goed is spot goedkoop hier! Die Asië kant is baie meer modern, stiller en ontwikkeld. Ons het toe ons groot roadtrip aangepak en het lekker gery. Die spoedgrens hier is 140km/h, wat dit aansienlik geriefliker vir ons gemaak het! Hulle het elke 30 km of so 'n petrolstasie en groot winkel en so. Hulle paaie is baie mooi en die natuur is ook pragtig. Ons het so 19:00 in Cappadocia aangekom en is toe gou na 'n koffiewinkel toe om vir ons verblyf te soek. Ons het onsself in 'n grot hotel ingebook en dit is ongelooflik! En bonus! Hier is 'n aircon, wat definitief verwelkom word, want ons het nou al wild warm gekry! Na ons ingecheck het, het ons gou gery en sommer wegneemetes gekry, natuurlik steeds Turkse kossies... Vanaand vat ons 'n vroeë aand, sodat ons more weer vars en gereed is vir al die volgende advonture!
    Groete en liefde uit ons Grot uit!♡

    Today's Penguin isn't that long, seeing that wr didn't do that much today. We woke up early, packed our stuff and went to the Asian side of Turkey to go and hire a car. We decided to take a Yellow Taxi, for both the experience and the fact that we did not want to run up the rocky hills with out heavy baggage to the public transport. Everyone warns you that the local people always try to take advantage of the tourists and that is definitely true. Eventhough the meter said that we should only pay TRY 120,the driver refused to gove us our luggage if we don't pay him TRY220. Apparently the extra 100 was because he had to drive through the tunnel. We rented our car, went for breakfast (we ordered our food from pictures, seeing that no one understood ANY English and the menu was in Turkish) and then quickly went to the mall to go buy a car charger. The Asian side is a lot more developed, quiter and modern. We then embarked on our journey to Cappadocia. The speed limit is 140 km/h and that definitely made our lifes better. The roads here are in great condition and they have a petrol station every 30 km or so. The scenery is also beautiful. We reached Cappadocia around 19:00 and quickly went to a coffee shop to look for accommodation. We booked into a Cave hotel and it's amazing! It's definitely a bonus to have an Aircon, because this place gets HOT. We then quickly left to go and get Takeaways (Still Turkish food) and now we are taking an early night, to rest our for all the other adventures that awaits us...
    All our love from our cave!♡
    Read more

  • Day 5

    Dag 5 - Cappadocia

    August 10, 2022 in Turkey ⋅ 🌙 22 °C

    Ons het vandag 'n baie rustige dag gehad. Die toere wat ons wou doen was vol bespreek en ons het toe besluit dat ons nog die volgende twee aande hier sal slaap, om te doen wat ons moet. Ons gaan more die Rooitoer doen, dan oormore lugballon ry en die Groentoer doen. Ons het perongeluk deur ons alarm geslaap, wat gestel was om na die lugballonne te gaan kyk en toe eers bietjie later wakker geword. More probeer ons weer! Na ons opgestaan en klaar gemaak het, het ons 'n rerige erige Turkse ontbyt by die hotel gekry. Dis ongelooflik! Hulle pak klompie kosse, smere en konfyte vir jou uit en jy hou dan jou feesmaal... So lekker! Na dit het ons gou Mall toe gegaan om 'n paar goedjies te kry en toe verder rondgery en alles gekyk. Die grotte en goed is merkwaardig en nie iets wat mens in woorde kan verduidelik nie! Al die mense hier is baie vriendelik en mens kan nogal goed regkom met prentjies en Google Translate wanneer mens niks verstaan nie! Almal hier dink ons is Russe vir een of ander rede. Die vroutjie by die Grot hotel is so oulik en help ons so mooi om alles te reël. Vandag se gebeure was nie eintlik enige iets baie interessant nie, so ek gaan nou maar net 'n paar goedjies vertel wat vir ons interessant is. Van die goed het ek al genoem, jammer as ek myself herhaal! Alles hier is vrek goedkoop. Ons het vanaand geëet vir R250. Dit het ingesluit twee vol borde kos, een sop met broodjies, 4 botteltjies water, 'n Coke en 'n sap (Ek het die fout gemaak om nie te weet wat ek bestel nie, en toe perongeluk Black Carrot root sap bestel, beveel dit GLAD NIE aan nie!). Dit was 'n plekkie in die mall gewees waar ons geëet het en dit wil vir my soos 'n kitskos plek vir hulle voorkom. Baie interessant vir ons was, as hulle klaar jou kos gegee het, kom hulle ook verby met ek is nie seker of dit vet of olie is wat kook nie, maar gooi dan sommer so hele blerts vir jou oor jou kos! Mens proe sommer die kolestrol, maar lekker bly lekker... Die Turke is vreeslik lief vir vleis, kaas en brood, wat ons natuurlik pas! Alkohol is baie baie duur hier. Almal kyk na die straat diere... Daar word oral vir hulle kossies, water en melk uitgesit. Dit is ook vir ons verbasend hoe rustig die honde is en dis GROOT brakke, nie die algemene Suid-Afrikaanse brak nie! Hulle blaf vir niks en niemand nie, loop maar net rond en slaap waar hulle wil. Ons het die oulikste baba woef vandag gesien, wat net so rustig was, waarvoor ons toe maar water gegee het! Hulle bestuur aan die regterkant van die pad en uiteraard is die stuurwiel ook aan die linkerkant. Ons loop daagliks na die verkeerde kant toe, lag en loop dan maar weer om na die regte kant toe. Dit maak mens nogal deurmekaar! Dis nie net die kos wat so goedkoop is nie, maar ook klere en elektrieseware. Dis amper 'n probleem dat alles so goedkoop is, want dan wil mens net koop, koop en KOOP! Baie van hulle paaie, veral in Istanbul is met blokkies klip gelê en raas vreeslik as mens 'n tas oor dit probeer sleep! Hulle selfoon sein/wifi is ook fantasties! Mens sukkel amper nêrens met dit nie... Behalwe in ons Grot, hier sukkel ons! Dis ook die rede vir die Pikkewyne wat eers 'n dag later gepost word, maar ek skryf hulle darm op die rerige dag. Goed, dit is dan nou al vir vandag!
    Groete en liefde!♡

    Today we had a very chilled day. All of the tours we wanted to book was fully booked and we then decided that we will spend the next two nights here as well, to do everything we want. We will be doing the Red tour tomorrow and then the Air balloon and Green tour the day after. We accidentally slept through our alarm to go and see the Air balloons this morning, so we will try again tomorrow morning! So we slept in and then had a real Turkish breakfast. It's AMAZING! They have all of these little foods, pastries, spreads and stuff that they pack out for you on your table and then you have your own little food festival. We quickly went to the Mall afterwards and then we drove around, doing some sightseeing. The caves and places are not something one can describe in words. It's incredible! Everyone here is super friendly and you can manage quite nicely with Google Translate and pictures when you don't understand each other. The lady at the cave hotel is also very nice and she's so helpful with all the bookings and arrangements. Seeing that our day wasn't that interesting, I decided that I will name a few things that's interesting to me... Everything is so cheap here. Tonight we had dinner for R250. This included the following: 1 Coke, 1 Very disturbingly bad juice (I didn't know what I ordered and turns out it was black carrot root juice, it was disgusting!), 1 Soup with bread, two full meals and 4 bottles of water. We ate in the mall and I think it's like a type of fast food place. When your food arrives, they also come around with boiling fat/oil (I'm not 100% sure what it is) and throw some over your food. You can taste the cholesterol, but it's still nice. The Turkish people loves meat, bread and cheese and that's obviously amazing to us... Alcohol is very very expensive here. Everyone looks after the stray cats and dogs. There's food, water and milk placed all over for them. The dogs are also super chilled. They don't bark at anyone and they just walk around and lay around where they want to. The stray dogs here are a lot bigger than the one's in we get in South Africa. We also saw the cutest puppy today and ended up giving it water. They drive on the right side of the road and of course that means that the steering wheel is situated on the left side. It's a daily thing for us to go to the wrong side of the car, laugh and then walk around to the right side. It's quite confusing! It's not only the food that's cheap, but also the clothes and electrical equipment. It's quite a problem, because with these prices, one just want to buy, buy and BUY! A lot of their roads, especially in Istanbul, are paved with small square rocks and it makes A LOT of noise trying to get your bag over it! They also have great network coverage. You don't struggle to signal anywhere, except for our cave that we live in at this stage. This is also the reason behind my late Penguins, eventhough I actually write them on the correct day. That will be all from our side for today...
    All our love♡♡♡
    Read more

  • Day 6

    Dag 6 - Cappadocia

    August 11, 2022 in Turkey ⋅ ⛅ 22 °C

    Ek het uiteindelik my alarm gehoor vanoggend en so het ons dag sommer vroeg vroeg begin... Ons was vroegoggend, vir sonsopkoms na die uitkyk punt om na al die lugballonne te kyk. Dit is weereens 'n belewenis wat nie in woorde beskryf kan word nie en voel so of ons in 'n fliek lewe! Ons is toe terug hotel toe, waar ons ontbyt geëet het en toe het die toerbussie ons kom oplaai. Ons het 'n lekker vol toer gehad en baie dinge gesien. Ons eerste stop was by die Imagination Valley, waar daar rotse is wat soos klomp verskillende goed lyk. Die duidelikste een, soos 'n kameel. Van daar was ons na die buitelug museum, wat ook 'n kerk in een van die rotse bevat. Mens mag ongelukkig glad nie foto's van of in die "kerk" neem nie en die ou wat daar werk is rerig baie kwaai! Laat my aan 'n Mafia mannetjie dink! Dit is nogsteeds 'n ongelooflike belewenis, veral om te sien hoe die mense die rotse, wat eintlik meer soos sand is, uitgehol en verander het om in te bly. Volgende was ons Monk Valley toe, waar die Monks gebly het... Ook in die grotte! Damian het in een van die huisies opgeklouter, maar ek het besluit dis vir my veiliger om buite te bly en 'n foto of twee van hom te neem. Die roomysmannetjie was ook vol dinge en grappe en net voor ons weggeloop het, het hy my linkerhand gegryp en vir my 'n cone as ring opgesit... Ons is toe na die Onyx en Souvenir winkel toe. Daar het hulle ons gewys hoe hulle Onyx sny en polish, nogal interessant! Hulle het ook klomp verskillende juwele daar. Ons het toe gou gestop vir middagete, ook in 'n grot, wat baie lekker koel was. Ons is toe na die Pottery plek toe, waar hulle ons gewys het hoe hulle al die verskillende borde en bakkies en so uit die klei uit maak. Baie indrukwekkend! Ons het die toer afgesluit by die Panoramic uitkyk punt, waar mens kon foto's neem. Dit was 'n baie lekker dag, maar vrek warm, aangesien die bussie se aircon nie gewerk het nie en dit mens nogals kan uitbrand. Na ons by die hotel afgelaai is, het ons gou gaan aandete eet en is ons nou in die bed, want moreoggend is 'n BAIE vroeë oggend!
    Al ons groete en liefde!♡

    I finally heard my alarm this morning and with that our day started nice and early... We woke up early, for sunrise and went to the viewing point to go and see the hot air balloons. It's really something one cannot explain in words and it felt like we were living in a movie! We then went back to the hotel, had some breakfast and then the tourbus came to pick us up. We had a nice and full tour and saw a lot of different things. Our first stop was at Imagination Valley, were the boulders looks like a lot of different things. The most significant one, like a camel. From there we went to the Outdoor Museum, which also contains a church in one of the boulders. Unfortunately one is not allowed to take any photos of the church or inside of the church. The guy working there was very strict and makes me think of someone in the Mafia. It's quite an experience to see how the people changed these boulders, which is more like sand, into a living space. Next we went to the Monk Valley, were the Monks used to live, also in caves/boulders. Damian climbed into one of the houses, but I decided it's safer for me to stay outside and take a photo or two. The ice cream guy was full of jokes and just before we left, he grabbed my hand and put a cone ring on it... We then went to the Onyx and Souvenir shop. There they showed us how they cut and polish the Onyx, quite interesting! They also sell a lot of jewellery there. We quickly stopped for lunch after that, that was also in a cave. We then went to the Pottery place, where they showed us how they make all the plates, bowls and so out of clay. Very impressive! We ended of the tour at the Panoramic View, where one could take photos. It was a very nice day, but extremely hot, seeing that the aircon of the bus didn't work... After they dropped us at the hotel, we quickly went for dinner and then hopped into bed, as we have a VERY early morning tomorrow!
    All our love ♡
    Read more

  • Day 7

    Dag 7- Cappadocia en pad na Antalya

    August 12, 2022 in Turkey ⋅ ☀️ 33 °C

    Ek dink ons ervaar iewers iets in ons lewe wat mens doodeenvoudig nie in woorde kan beskryf, of foto's vasvang nie. Lugballon ry in Cappadocia is een so ervaring! Die bussie het ons reeds 03:30 opgetel en dus was dit 'n BAIE vroeë oggend vir ons! Ons is toe na die plek waar die vlug begin. Dis nogal 'n storie om die hele ding aan die gang te kry en dis MASSIEF! Ons is toe nou op ons vlug... Definitief een van die hoogtepunte in ons albei se lewens! Daarna is ons terug hotel toe, gou ons laaste goedjies gepak en in die kar gelaai en toe ontbyt gaan eet by die hotel. Die Groentoer se bussie het ons toe daar opgetel na ontbyt. Ons gids vir die dag was baie oulik en die bussie het darm aircon ingehad. Ons toer het begin by die Selime Katedraal, waar die Christene baie baie baie jare gelede 'n kerk, kapel, kombuis, en al daai dinge hoog in 'n berg in die grotte uitgekap het. Dis ongelooflik om dit te beleef! Van daar af is ons na die Ihlara Vallei toe. Dit is die grootste kloof in die wêreld wat deur mense bewoon word. So daar is ons toe nou die honderde trappies af, na een van die kerkies in die berg toe, wat uitbeeldings van Daniël in die leeukuil, Maria, Josef en Jesus, die Wyse manne en so aan op die dak het. Dit is wel al baie afgehaal en beskadig. Van daar is ons al met die rivertjie af. Ons het aan die einde van ons stappie middagete geëet. Oppad bussie toe het twee Turke begin baklei en ons was sommer geskok! Mekaar met stoele gegooi en alles! Gelukkig het die een toe op sy bromponie gespring en daar is dit toe darm verby! Ons is toe na die ondergrondse stad toe. Die Christene het dit gebou, na die Romeine gesê het dat indien enige een 'n Christen sien, hulle hulle lewend kan brand of self vasbind en los vir die wilde diere om te eet. Die Christene het dus die streek gekies om in te bly, aangesien al die berge en rotse dieselfde lyk. Hulle het toe ook die ondergrondse stad begin "ontwikkel" die eerste twee vloere vir skuiling vir die diere en stoorplek vir die kos. Die temperature is gereguleerd onder die grond en dit help die diere in die baie warm en baie koud! Verder het hulle nog 5 vloere ondertoe ontwikkel, wat so gemaak is dat as die Romeine kom om hulle aan te val, hulle 'n groot klip voor die "ingang" rol, wat die Romeine nie kon skuif nie en hulle dan verder daar binne gebly het. Daar is kerke, kombuise, luggate en selfs begrafplase daar binne. Hulle het vir maande of selfs jare aan een daar binne gebly, wanneer hulle onder die aanval was. Na ons deur dit was, het ons gou by die Duiwe Vallei gestop. Duiwe vorm 'n baie belangrike deel vir die streek, aangesien die duiwe poef gebruik word as bemesting. Hulle het klomp gaatjies uit die klip vir die duiwe uitgekap as hokkies. Ons is van daar af gou Spice Bazaar toe, waar alles vrek duur was! Ons is toe hotel toe en het in die kar gespring om Antalya toe te ry. Mens ry 'n goeie amper 7 ure aan 500 km. Oorspronklik was die pad vreeslik mooi en alles het goedgegaan. Damian het lekker bestuur en ek lekker geslaap... En toe, 'n hele pas wat net grondpad was! Sonder bordjies of enige iets! Ons het dit toe nou gelukkig oorleef en so 01:00 hier aangekom... Ek toe dadelik bed toe!

    Al ons groete en liefde!♡
    Read more

  • Day 8

    Dag 8 - Antalya

    August 13, 2022 in Turkey ⋅ ☀️ 32 °C

    Aangesien ons bitter min slaap ingekry het die afgelope paar dae met ons besige skedules, het ons 'n heerlike, stadige Saterdag gehad... Ons het bietjie laat geslaap, geen alarms of enige plek om te wees nie. Toe ons klaar opgestaan en klaar gemaak het, het ons die strate ingevaar. Ons het lekker rondgeloop en na die klomp winkeltjies gekyk. Ons is toe na die "Old Bazaar" toe, waar ons rondgekyk het en toe sommer vir ons handdoeke gekoop het. Van daar af is ons Old City toe, waar die stad begin het. Dit is nou gevul met klomp klein winkeltjies, waardeur ons gestap het. Ons het na die toring gaan kyk en is toe sommer daar by 'n klein museumpie in. Dit was ongelooflik warm en ek was seker daarvan dat ons gaan sterf van hitte uitputting! Dit was rerig erg! Haha! So toe stap ons stadig aan terug na ons hotel se kant toe. Ons stop toe gou eers by die mall, want orals sien ons advertensies van Nutella roomys en aangesien dit deesdae Damian se gunsteling is, moes ons dit opspoor! Dit was toe nou nie in die Mall nie, maar ons het toe gou middagete gekry en is toe huistoe vir 'n middagslapie en die rugby. Dis nogal 'n storie om in die land te probeer rugby kyk. Na die rugby het ons Land of the Legends toe gegaan, waar ons gesien het almal wag om die fontein vir wat ons gedink het 'n water vertoning gaan wees. Groot was ons teleurstelling toe dit na 40 minute se wag 'n kindervertoning met 'n beer was! Ons loop toe maar deur, dis vrek mooi daar, maar alles is ONGELOOFLIK duur daar. Ons wou oorspronklik aandete daar eet, maar het besluit teen daai prys mag ons dalk bankrot daar uitstap. Ons het toe maar die liggies en kasteel gaan kyk en toe gery om kos te soek. Aangesien dit net voor 12 die aand was, was daar nie rerig baie plekke oop nie en is ons toe by die Mc Donald's in. Hulle kos proe rerig nog anders as ons sin ook! Dis baie opvallend dat die Turke MAL oor tamatie is, aangesien daar tamatie in amper elke dis is, maar dit was vir my ook baie duidelik toe ek sien dat saam hulle Happy Meals, jy 'n bygereg van Cocktail tamaties kan vat! Van daar is ons toe oppad huistoe, toe ons verby die Nutella roomys plek ry! Dadelik 'n U-draai gemaak en gaan roomys koop! Ek bedoel, watse roomys winkel is inelkgeval nog oop 00:45? Die roomys was baie lekker en boonop nog goedkoop ook! Twee sugar cones, met twee scopes elk, was so R28 saam... Ons was gelukkig! Van daar is ons toe nou Hotel toe en terug in die kooi!
    Al ons groete en liefde!♡
    Read more

  • Day 9

    Dag 9 - Antalya na Kaş

    August 14, 2022 in Turkey ⋅ ☀️ 30 °C

    Aangesien ons nog moes Kaş toe ry, het ons besluit om eerder ons eie toertjie uit te werk as om 'n toer te bespreek by Antalya. Ons het bietjie navorsing gedoen en toe ons roete beplan. Ons het begin by die Upper Duden Waterval, wat hoër op in die stad is. Dis baie mooi daar en daar is 'n paadjie dat mens agter die waterval self ook kan ingaan. Hulle het ook twee pragtige pappegaaie waarmee mens foto's kan neem. Een blou en een rooi. Ons het daar ook sommer vir ons Turkish Pancakes bestel, wat hulle daar vars sit en maak. Dis rerig besonders lekker! Van daar af is ons na Kursunulu Waterval. Die water daar is so turquoise kleur en mens kan al die duisende visse en so deur die water sien! Ek is daar in net my plakkies, min wettend dat mens 'n hele op en af staproete moet doen om weer by die uitgang uit te kom. Ek het darm oorleef. Perge was toe ons volgende stop. Dit is 'n Romeinse stad wat hulle besig is om op te grawe en te herbou. Paulus het ook volgens Handelinge die stad twee keer besoek in sy leeftyd. Dit is nogals 'n belewenis as mens hier stap en besef dat dieselfde mense in die Bybel ook hier was. Van daar af het ons gou na Lower Duden Waterval gaan kyk, wat dieselfde rivier as die Upper Duden Waterval is, maar die Waterval val in die see in. Dis ongelooflik mooi! Dit was 'n ongelooflike warm dag en mens kan nie van Antalya af weggaan sonder om tenminste een keer in die see te swem nie. Ons is toe stand toe vir 'n vinnige swem. Die hele strand bestaan uit klippies. Dis so gerieflik, want anders as sand gee jy een skud en jy en jou handdoek is skoon! Die water was ongelooflik en ons het die swem heeltemal te veel geniet! Om op klippies te loop en uit die see uit te probeer kom, is wel meer uitdagend as sand, dit sak soveel meer en vinniger weg onder 'n mens. Van daar het ons toe weer die lang pad aangedurf na ons volgende bestemming, Kaş. Die pad is so mooi, dit volg heeltyd die kus en mens kyk amper heeltyd oor die see uit. Ons verblyf was baie cute en die ou noem dit "Hobbit Home". Dis op 'n klein klein plasie (In Suid Afrika sou ons sommer sê dis n plot, maar okay, plasie) in die middel van die dorp. Ons skoonklere is besig om uit te hardloop en ons jaag toe nou rond opsoek na 'n plek om dit te was. Ons kom toe op die een plek af, maar hulle vra ons R30 per item wat ons wil was. Na ons amper beswyk het aan 'n hartaanval is ons en ons vuilklere toe eerder opsoek na kos. Nog 'n hartaanval situasie. Die meeste eet plekke is op die hawe... So so mooi! Toe ons daar stop, sien ons daar is 'n laudromat en die ou sê ons kan moreoggend ons klere bring. Dankie tog! Ons stap toe deur opsoek na kos. In Turkye vertoon al die eetplekke hulle spyskaarte by die ingang waar mens dan kan sien wat hulle bied en hoe die pryse lyk, voor mens besluit of mens wil ingaan of nie. Hartaanval nommer twee het toe vir ons gewink. Die gemiddelde ete wat ons gesien het was tussen R300-R500 per ete. Ons, ons honger mage en vuil wasgoed klim toe weer summier in die kar. Ons kry toe nie 'n ander eetplek nie en stop toe maar by die supermark en koop 'n paar goedjies om ons eie kos te maak. Ons Hobbit Huis se toerusting is bietjie beperk en ons maak toe maar die beste wat ons kan. Magie vol, ogies toe...
    Al ons liefde en groete...♡
    Read more

  • Day 10

    Dag 10- Kaş na Pamukkale

    August 15, 2022 in Turkey ⋅ 🌙 24 °C

    Kaş en die omliggende area is vreeslik mooi, maar daar is nie vreeslik baie om te doen anders as 'n lekker see dag en boot toer nie. Ons was te laat vir die boot toer en het toe bietjie tyd op die strand, wat ook net uit klippe bestaan spandeer. Die strande is ongelooflik mooi en die water so mooi helder. Daar is ook nie vreeslik baie branders nie, eerder net golwe. Die water is ook BAIE meer sout as die strande en see in Suid Afrika, of wel, dit voel vir ons so. Na ons geswem het, het ons rustig gesit en middagete eet, 'n Nutella wafel gekry en toe verder gery na Pamukkale toe. Ons het in ons hotel ingebook, wat baie lekker is en genadiglik word ons wasgoed gewas! Dankie tog! Ons het toe bietjie gaan rondloop in die dorp en baie rustig gesit en kuier vir aandete met 'n uitsig oor die mineraal baddens. Van daar het ons geloop na die dammetjie vol eende en toe 'n rit op die trapboot gevat, so mooi en romanties! Die trapboot is ook in die vorm van 'n eend! Dis baie oulik! Die mense hier is rerig so vriendelik en wil net alles aan mens verkoop. Elke aand sê ons ons gaan 'n vroeë aand hê en keer op keer is ons eers net voor of na 12 in die bed... Vanaand is weer so aand en nou gaan ons lekker slaap!
    Baie groete en liefde!♡
    Read more