• Laatmiddagstappie in Kasane

    September 18, 2016 in Namibia ⋅ ☀️ 31 °C

    Ons slaap die volgende twee aande by ons vriende van Pangolin Photo Safaris - hulle het 'n huis op die oewer van die Chobe, en wanneer jy hier laatmiddag met jou honde gaan stap is dit reg langs hierdie klassieke Afrikarivier. Ons sien bobbejane, bosbokooitjie, waterbokbul, otters, krokodille, olifantspoor, seekoeispoor en die mooiste bome.Read more