Hier gaan ons!

Hallo! My naam is Toast Coetzer, Weg-joernalis. Oor die volgende paar maande ry ek Alice Inggs van Kaapstad noordwaarts, rofweg op pad na die ewenaar: Zambië, Tanzanië, Rwanda en Uganda wag. OnsBaca lagi
Laatontbyt by Die Veldskoen-padstal

Ek stop gereeld hier op pad binneland in. Behalwe vir goeie ontbyt en koffie verkoop hulle droë vrugte, fudge by die till, hanepoot...
Veldblomme langs die N1

Moenie die Groot-Karoo vlak kyk nie: hier is ook baie veldblomme in die lente, veral as die reën op die regte tyd geval het.
Aalwyntjie anderkant Beaufort-Wes

Langpad na Aberdeen

Wanneer begin jou reis werklik? Wanneer jy die voordeur agter jou toetrek? Wanneer jy die buitewyke van jou dorp agterlaat? Of wanneer die vryheid van die oop pad vlak in jou gemoed kom lê?
Gooi diesel, Graaff-Reinet

Tyd vir koffie ook. Nog so drie ure om te ry, in die donker. Eers Cradock toe, dan plaas toe - waar die eintlike pakwerk vir ons reis na die ewenaar in alle erns begin. (Kyk hoe mooi lyk onsBaca lagi
Die Fortuner is gepak

Eers moes ons daai klein sitplekkies in die kattebak loskry - gelukkig het Alice 'n Fortuner thread in Australië iewers raakgegoogle wat als stap vir stap verduidelik het. Met die sitplekke uit konBaca lagi
Geel tulpe langs Gariepdam

N1, Vrystaat

Kroonvaal Engen

Jy weet jy's op die langpad wanneer jy 'n Wimpy-koffie in die hand het.
Sonsondergang in Gauteng

Lyk bietjie soos die Okavango as jy jou oë (erg) skrefies trek... En dan kry ons gou iets by Woolworths.
Kuier by familie in Pienaarsrivier

Steakbraai en toebroodjies vir die pad Francistown toe.
Biltong & leeus, Lephalale-distrik

Oor die Limpopo - Botswana!

Sonsondergang in Francistown

Woodlands-kampplek

Loshande die beste oornagplek rondom Francistown. Dis vol vanaand: Suid-Afrikaners wat vuur aansteek en potjie maak ("Sal jy vir ons 'n whiskey gooi?", vra een. "Het jy ys?" kom die antwoord) enBaca lagi
Nata: middelpunt van die wêreld

In Nata gooi jy vol. In Nata kyk jy verlangend na die Wimpy. In Nata oorweeg jy roomys koop. In Nata besluit jy of jy wes wil draai Maun toe, of noord wil hou Kasane toe. Altwee is ver.
Naby Pandamatenga

Reeds noord van Nata kan jy begin olifante sien, en ons eerstes kom naby Elephant Sands, 'n kampplek met 'n watergat, so die olifante drom dikwels daar saam. Verder sien ons kameelperde, enBaca lagi
Olifante langs die pad

Laatmiddagstappie in Kasane

Ons slaap die volgende twee aande by ons vriende van Pangolin Photo Safaris - hulle het 'n huis op die oewer van die Chobe, en wanneer jy hier laatmiddag met jou honde gaan stap is dit reg langsBaca lagi
Hello, Namibië!

Tafel + Zambesi = Doodgelukkig

Vanaand slaap ons by Caprivi Houseboat Safari Lodge digby Katima Mulilo. Môre: Zambië, en nog Zambesirivier.
Dagsê, Zambië!

Ons is met min moeite (uur en 'n half, tops) deur die Wenela-Sesheke-grenspos. Daarna het ons in Sesheke gedraai vir geld trek (tyd vir kwacha in die beursie), sim-kaarte koop - en 'n onverwagseBaca lagi
Kabula Lodge, Zambesirivier

R115 vir kampering - gras onder die voete, groot bome én vriendelike diens.
Zambesirivier, naby Sioma

Hier moes jy altyd met 'n pont oor die rivier; deesdae is hier 'n nuwe brug. Tjoef-tjaf.
Len van HeerdenNice...geniet dit. Lekker wiele en lekker company!
WegTydskrifDankie, Len!
Good to see you both again! What a wonderful journey you have embarked on. Look forward to keeping track of your trip.🐘🐘