• Laat ons in die pad val!

    September 21, 2016 in South Africa ⋅ ⛅ 11 °C

    Ek is Sophia van Taak, en oor die volgende paar dae ry ek en die fotograaf Sam Reinders van Kaapstad af al met die N1-snelweg langs tot in Gauteng. Die plan is om ’n slag af te trek by al daardie plekkies waar ’n mens altyd net verbyskiet.
    Nou ja, nou net die huurmotortjie gaan haal, dan is dit alliepad N1!
    Read more