• Dagsê, Zambië!

    September 21, 2016 in Zambia ⋅ ☀️ 32 °C

    Ons is met min moeite (uur en 'n half, tops) deur die Wenela-Sesheke-grenspos. Daarna het ons in Sesheke gedraai vir geld trek (tyd vir kwacha in die beursie), sim-kaarte koop - en 'n onverwagse meevaller: roomys! Grensposkoste: US$20 vir padbelasting, K150 vir koolstofbelasting, K427 vir versekering en K30 vir gemeenskapsfooi. Ons het dollar vir kwacha geruil by die grenspos.Read more