• Om te boer waar die pad ophou

    28 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ⛅ 15 °C

    Pieter Snyman (in hierdie foto saam met sy vriendin Charmaine Venter) maak al sedert die middel-90s 'n bestaan op 'n plaas sowat 500 km noord van Lusaka. Hy het al biobrandstof gemaak, organiese tabak verbou, bees geboer, skaap ook. Projekte het al gekom en gaan, bees en skaap is soms gesteel, en dubbelsyfers van sy honde al deur krokodille gevang ("Worshonde verdwyn sommer in die middel van die dag. Luislange."). Daar was al malaria, bloedvergiftiging, 'n haelgeweerloop wat ontplof in sy hand, die slag toe weerlig die huis afgebrand het. Maar Pieter is steeds hier, met vars planne, en entoesiasties oor die toekoms.Читать далее