• Langpad, verder noord

    October 1, 2016 in Zambia ⋅ ☁️ 16 °C

    Die laaste paar honderd kilometer na die Zambië-Tanzanië-grens: honderde vragmotors (byna al Zambië se brandstof word met dié pad van Dar es Salaam aangery), tientalle wrakstukke én genoeg slaggate. Op een plek het 'n vragmotorwrak die héle pad versper - ons kon darem verby, danksy omstanders wat pad oopgekap het (en summier tolgeld begin hef het...). Nou is ons by King's Highway Kalungu - die tent staan en die koffiewater kook.Read more