• Bergpasse, kremetarte en die Ruaharivier

    October 4, 2016 in Tanzania ⋅ 🌙 14 °C

    Vandag ry ons van naby Iringa na Morogoro deur 'n bergagtige gebied - o.a. die Udzwungaberge. Dis orals nog droog: die reënseisoen kom. Duisende kremetarte. Die Ruaharivier. 'n Verkeersboete. Kameelperde in Mikumi- nasionale park. 'n Swerm pelikane hoog bo. Masai met hul beeskuddes. Grasmandjieverkopers. Aartappelskyfies van 'n stalletjie langs die pad. Als goed. (Ja, selfs die verkeerskonstabel was vriendelik; hy had 'n punt.)Read more