• Mutinondo Wilderness

    21. november 2016, Zambia ⋅ 🌙 18 °C

    Suid van Mpika, so 26 km van die Great North Road, lê Mutinondo. Hier is jy op die Muchinga-eskarp wat uitkyk oor boggelrugberge voor die landskap wegval na die Luangwavallei. Ons slaan tent op onder die lowerkombers van die miombo, maar skuif die tent later onderdak toe 'n storm dreig. 'n Hiëna roep teen skemer, maar verder is dit stil. Mutinondo bly een van my gunstelingplekke in Zambië.Læs mere