• Dag 11 - Rietbron

    26 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 13 °C

    Rietbron is 'n planmaakplek, waar die ou Poskantoor die Koskantoor ('n winkeltjie waar jy appelkooslekkers kan koop en vir Cheeky die brakkie kan ontmoet) word, en die ou aanklagkantoor en hofsaal Dalene Dorfling se Karoohof-gastehuis word. By die laerskool staan kinders se draadkarre geparkeer op die speelgrond.Baca lagi