• Dag 12 - Baviaanskloof

    January 27, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 21 °C

    Ons ry van Rietbron na Willowmore, stuur daarvandaan Baviaanskloof toe, en slaap in 'n grotkamer by Makkedaat-grotte, waar tannie Henriette en oom Boetie Terblanché die gasvryheid uitdeel soos reën. Peres Maganie stap ons Grootkloof in, waar ons Boesmantekeninge kyk, en pad-af lei Skollie die hond (en Quintis Bezuidenhout) ons na die noue wonderwerk van Waterkloof, vol wildevyeboom, varing, vlier en varkoor.Read more