• Dag 15 - Cradock

    January 30, 2017 in South Africa ⋅ 🌙 16 °C

    Die Weg Agterpaaie-span kuier in Cradock, Toast Coetzer se tuisdorp. Skrywer Etienne van Heerden gesels Karoolandskap, Toast en Erns leer deurgetrapte drumpels waardeer. In die middedorp verkoop Joseph Minnaar en Zebulon Kettledas (oftewel, Sak en As) kruie al die pad van Humansdorp, terwyl Patrick Donkor van Ghana Erns se vellies regmaak. Die gasvryheid van Lisa Antrobus-Ker en haar ma, Sandra, by die Tuishuise en Victoria Manor, boul ons skoon uit, oor en oor. (Kliek op die foto om nog te sien, of kliek op die sirkel gemerk: "Full Trip" om die hele reis tot dusver te sien.)Read more