• Dag 16 - Cradock na Middelburg

    31 de enero de 2017, Sudáfrica ⋅ ☀️ 22 °C

    Die Weg Agterpaaie-span ontmoet Karoo-joernaliste Chris Marais en Julienne du Toit in die Cradock-begraafplaas waar die stil stories van grafstene ontsluit word (slegte nuus: Harry Potter is oorle). Dan draai die Hilux noord, al teen die Grootvisrivier op en later die Grootbrakrivier na Karoo River Rafting, waar Toast en Erns nat word, maar danksy gids James Jordaan darem die witwater oorleef. (Roeifoto's met vergunning van Karoo River Rafting.)Leer más