Satellite
Show on map
  • Day20

    Dag 19 - Colesberg-distrik

    February 3, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 21 °C

    Dis tyd vir rustig raak en ernstig stoepsit by Antony en Margie Osler se plaas Poplar Grove, waar die katte om jou enkels krul en die skaaphonde gewillig gegooide stokke gaan haal. Dit reën byna 'n duim, die gifbolle blom flambojant en die veld is groen einders toe. Dankie, dankie, dankie.Read more