• Dag 20 - Graaff-Reinet

    February 4, 2017 in South Africa ⋅ 🌧 17 °C

    Vandag besoek ons die Camdeboo- nasionale park: rooikatte in die bossies, 'n geelslang wat wegseil, kuddes gemsbok, eland en huppelende springbok. Ons draai by Winterhoek, 'n gerestoureerde ou plaashuis wat binnekort oop is vir besprekings (die uitsig is iets anders) en eindig die dag by die Vallei van Verlatenheid in die heilige teenwoordigheid van spreeugesang en reënbuie wat trek oor die wye vlaktes. Camdeboo Cottages in die dorp is waar die Weg Agterpaaie-span hul koppe rus vanaand.Read more