• Dag 26 - Victoria-Wes na Loxton

    10 febbraio 2017, Sud Africa ⋅ 🌧 19 °C

    Dis landbouskou in Victoria-Wes, en Toast en Erns kyk bietjie perde en skape (en kry braaivleismiddagete - dankie!), gesels met skoupresident Willem Vorster en leer van "natuurlike maanhaar, en stert" (dis nou wanneer perde nie pruike dra nie). Dan skiet die Weg Agterpaaie-span deur Loxton toe, vir stoepsitstories by oom Ben Bruwer en tannie Nita Griessel, dan koppie toe vir windverwaaide sonsondergang oor die dorp en, uiteindelik, potjiekos en rus by die Rooi Granaat.Leggi altro