• Dag 26 - Victoria-Wes na Loxton

    February 10, 2017 in South Africa ⋅ 🌧 19 °C

    Dis landbouskou in Victoria-Wes, en Toast en Erns kyk bietjie perde en skape (en kry braaivleismiddagete - dankie!), gesels met skoupresident Willem Vorster en leer van "natuurlike maanhaar, en stert" (dis nou wanneer perde nie pruike dra nie). Dan skiet die Weg Agterpaaie-span deur Loxton toe, vir stoepsitstories by oom Ben Bruwer en tannie Nita Griessel, dan koppie toe vir windverwaaide sonsondergang oor die dorp en, uiteindelik, potjiekos en rus by die Rooi Granaat.Read more