• Dag 34 - Merweville

    February 18, 2017 in South Africa ⋅ ⛅ 18 °C

    Dit was ernstig warm reg deur die nag in Merweville, maar die weer dreun en die eerste druppels plof neer in die kurkdroë, klipharde strate. Erns lewer kruideniersware af (per fiets) vir Belia Muller en tannie Marie Blom en Esther Fourie wys vir Toast en Erns die dorp se imposante klipkerk. Dan ry die Hilux in Sutherland se rigting, op teen die eskarp verby 'n korbeelhuis en weerligblitse - laasgenoemde maak hekoopmaak haastige werk.Read more