• Dag 33 - Fraserburg na Merweville

    February 17, 2017 in South Africa ⋅ ⛅ 18 °C

    Ons begin vroegdag in Fraserburg na 'n goeie nagrus by die Kliphuis. Klippe bly ons tema vir die dag: eers kyk Erns en Toast fossielvoetspore op die plaas Gansfontein, daarna ry die span teen die Oukloofpas af om vir Heuningland se Douwe Vlok en vriende te ontmoet. Ons kou klippe saam met hulle deur bergfiets te gaan ry in die hitte van die dag, maar koel dan af in Grootdroom se swembad voor dit tyd raak vir Merweville toe ry terwyl die sonsondergang mooi maak.Read more