• Dag 8 - Elandsbaai

    2017年11月8日, 南アフリカ ⋅ 🌙 13 °C

    Vandag ry Sophia en Toast vir die eerste keer in hul lewens brander. Wel, dit was meer 'n gevallery en gesluk van soutwater as iets anders, maar dit was pret! Gigs Celliers en Chantal Isaac van Die Witmosselpot wys (ná ernstige seekosdisse vir middagete) later vir ons die uitsig oor Elandsbaai vanaf Bobbejaanpunt, asook rotskuns. Vanaand gaan ons lekker slaap!

    Oornagplek: Vensterklip, vensterklip.co.za
    もっと詳しく