• WegTydskrif
  • WegTydskrif

Weg Agterpaaie Weskus

A 29-day adventure by WegTydskrif Read more
  • Trip start
    November 1, 2017

    Dag 1 - Kaapstad na Mamre

    November 1, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 22 °C

    Weg Agterpaaie Weskus begin in Kaapstad: Toast Coetzer en Sophia van Taak reis hiervandaan na die sendingdorp Mamre waar hulle die Cape Nature botanis Rupert Koopman ontmoet wat hulle neem na 'n kol bedreigde renosterveld buite die dorp. Boegoe word aan geruik, en hondegesiggies en sandveldspinnekopbos leer ken.

    Oornagplek: Duinepos Selfsorg-chalets, www.duinepos.co.za
    Read more

  • Dag 2 - Weskus- nasionale park

    November 2, 2017 in South Africa ⋅ 🌙 18 °C

    Die dag begin met 'n rustige seekajakvaart na Schaapen-eiland by Langebaan saam met Marie-Louise Kellett van Gravity Adventures. Daarna ry Sophia en Toast saam met hoofveldwagter Pierre Nel in die Weskus- nasionale park rond, van Geelbek na Abrahamskraal, Kraalbaai na Tsaarsbank. Padlangs sien hulle o.a. molslange, 'n ernstige pofadder en oulike steenbokkies. Die dag eindig - wraggies - met donderweer en reën, soete reën.

    Oornagplek: Duinepos Selfsorg-chalets, www.duinepos.co.za
    Read more

  • Dag 4 - Paternoster

    November 4, 2017 in South Africa ⋅ 🌙 17 °C

    Vandag vertel Pieter "Meester" Coraizin ons van sy lewe as visserman op Paternoster. Ons vaar uit saam met hom en sy vriend sedert kinderdae, Hendrik Visagie. Die dag eindig op die strand, met meeue in die vlakbranders, en hand-in-hand laatstappers.

    Oornagplek: Klein Paternoster-selfsorg, 082 804 2500 (Pikkie)
    Read more

  • Dag 5 - Vredenburg en Kersefontein

    November 5, 2017 in South Africa ⋅ 🌙 15 °C

    Toast en Sophia kuier by tannie Alida Lochner in Vredenburg en kry gebreide musse en 'n bak beskuit present. In die Hopefield-distrik wys Julian Melck die Weg Agterpaaie Weskus-span rond op sy geskiedkundige plaas, Kersefontein. Die dag word afgesluit op die Bergrivier, met 'n jenewertjie.

    Oornagplek: Kersefontein, www.kersefontein.co.za
    Read more

  • Dag 6 - Hopefield en Velddrif

    November 6, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 21 °C

    Ons dag behels (sover): perd opsaal en beeste aanjaag op Kersefontein, luister na 'n kort orrel-uitvoering deur Julian Melck in die Hopefield NG-kerk, wortelkoek en koffie eet oorkant die pad by Honey Bee, Velddrif toe ry, bord calamari bestel by die Laaiplek-hotel. Als loop reg.Read more

  • Dag 8 - Elandsbaai

    November 8, 2017 in South Africa ⋅ 🌙 13 °C

    Vandag ry Sophia en Toast vir die eerste keer in hul lewens brander. Wel, dit was meer 'n gevallery en gesluk van soutwater as iets anders, maar dit was pret! Gigs Celliers en Chantal Isaac van Die Witmosselpot wys (ná ernstige seekosdisse vir middagete) later vir ons die uitsig oor Elandsbaai vanaf Bobbejaanpunt, asook rotskuns. Vanaand gaan ons lekker slaap!

    Oornagplek: Vensterklip, vensterklip.co.za
    Read more

  • Dag 9 - Clanwilliam en Pakhuispas

    November 9, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 20 °C

    Weg Agterpaaie ry vir eers weg van die Weskus, binneland in, van Elandsbaai deur Leipoldtville en Graafwater na Clanwilliam, waar Sophia en Toast sien hoe Strassberger-vellies gemaak word. Dan draai die Fortuner na die Pakhuispas, waar gestop word by Leipoldt se graf voor afgesaal word by Traveller's Rest, met 'n bord vol elandvleis. Koningskos!

    Oornagplek: Traveller's Rest, travellersrest.co.za
    Read more

  • Dag 13 - Lambertsbaai

    November 13, 2017 in South Africa ⋅ 🌙 15 °C

    Almal ken Lambertsbaai se malgaskolonie en vandag wys bewaarder Yves Chesselet vir Toast en Sophia díe natuurwonder van naby. Op Steenbokfontein ry Kitta Burger hulle rond op die plaas na ou grotte, mooi selfsorghuisies en 'n labirint. Dan word daar, soos ons nou al gewoond is, ernstig geëet.

    Oornagplek: Eagle's Nest, Carol Burger 0798808685
    Read more

  • Dag 15 - Vredendal

    November 15, 2017 in South Africa ⋅ 🌙 15 °C

    Vandag word ons op die hande gedra deur die vriendelike mense van die Maskam-brouery. Eers wys Maree Botha ons rond tussen die sitrusboorde en wingerde, dan tel ons die Sishen-Saldanhatrein se waens (340!) en daarna val ons weg by Maskam-brouery waar Joyce en Abrie Botha se span ons trakteer. Dankie!

    Oornagplek: Rooms With A View-gastehuis, Reneé 0829340629
    Read more

  • Dag 16 - Vanrhynsdorp

    November 16, 2017 in South Africa ⋅ 🌙 16 °C

    Dis fyn trap tussen vetplantjies - beeskloutjies bababoudjies en knopies - op die Knersvlakte vandag saam met Christine Wiese, dan frekwensies gesels met Oom Louis Latsky in sy radiomuseum op Vanrhynsdorp. Laatmiddag gou halfpad teen Gifbergpas uit, dan aansit om borde skaap en groente by Maskam-gasteplaas.

    Oornagplek: Maskam-gasteplaas, Ancarene 027 219 2589
    Read more

  • Dag 17 - Ratelgat

    November 17, 2017 in South Africa ⋅ ⛅ 20 °C

    Oom Thys en tannie Valerie Mentoor neem ons vandag diep in die geskiedenis van die Griekwa in: ons besoek Beeswater, bespreek die visioene van Die Kneg, wat dinge soos die Sishen-Saldanhatrein voorspel het. Op Ratelgat sien ons ou grafte, 'n put, en hul heiligste plek, die monument. Dan rits ons terug deur Vanrhynsdorp na Maskam-gasteplaas vir laaste klink van glasie Rheebokskloof met die Maskam wat agter ons vlamvat.

    Oornagplek: Maskam-gasteplaas, Ancerene 0761190242
    Read more

  • Dag 20 - Hondeklipbaai na Kamieskroon

    November 20, 2017 in South Africa ⋅ 🌙 17 °C

    Die pad lei ons van die wildeperdekrag van die Atlantiese Oseaan se branders oor berge en dale deur die kurkdroë Namakwaland na Kamieskroon waar ons dieper die berge invaar tot by lieflike Pedroskloof-gasteplaas. Hier wys Sulene en Berto Archer ons hoe jy skaapkop voorberei en dan, dan eet ons dit.

    Oornagplek: Pedroskloof-gasteplaas, pedroskloof.co.za
    Read more

  • Dag 21 - Boesmanland

    November 21, 2017 in South Africa ⋅ 🌧 8 °C

    Die dag begin met stuifreën en koue op Pedroskloof buite Kamieskroon. Ons ry agterpad oor Gamoep, en op Dabeep sien ons hoe Boesmanland-boere ontvangs neem van droogtehulp uit Hartswater se wêreld. Die kouefront bly heeldag hang, tot op Kangnas waar ons gholf speel, in die veld stap en skaaptjops braai.

    Oornagplek: Springbok-lodge
    Read more

  • Dag 22 - Springbok

    November 22, 2017 in South Africa ⋅ 🌙 12 °C

    Springbok is een van die mooiste dorpe in die Noord-Kaap. Vandag kuier ons by Annelize en Roelf Erasmus van die Springbok-lodge, dan vaar ons die dorp in vir proviand-aankope, gasbottel volmaak en wasgoed was. André Botes wys later vir Sophia hoe om sy hot-rod te bestuur op die dorp se ovaalrenbaan. Gelukkig mag sy nie vinniger as tweede rat gery het nie...

    Oornagplek: Springbok-lodge
    Read more

  • Dag 23 - Kleinzee

    November 23, 2017 in South Africa ⋅ 🌫 6 °C

    By die Kleinzee-museum ontmoet ons vir Rodville Adams en Natalie Weyers, dan gesels ons verder diamantstories by die gholfklub saam met Johan 14 Mostert, Koos Polony, Langmouter Coetzee en Rudolf Nelson. Derek Pieterse, Henry Swart en Hein Frylinck probeer dan hul bes om vir Sophia en Toast te leer gholf speel...

    Oornagplek: Lazy Whale, Kleinzee (Natalie: nats.weyers@gmail.com)
    Read more

  • Dag 24 - Port Nolloth

    November 24, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 30 °C

    Vanoggend verken ons eers Kleinzee saam met Quiryn Snethlage en Werner Engelbrecht en dan tour de force George Moyses ons deur die diamantgeskiedenis van Port Nolloth. Ons gesels met Rozanne Hanekom en haar pa Bias by Maresol-restaurant en dan raak ons rustig in McDougallsbaai.

    Oornagplek: Dis Al, McDougallsbaai
    Read more