• Dag 29 - Terug Kaap toe

    November 29, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 22 °C

    Vandag ry ons 850 km van Brandkaros teen die Oranjerivier terug Kaapstad toe. Dit bring ons totale reisafstand op 3840 km na 29 dae op pad. Baie dankie aan al die wonderlike mense wat ons padlangs gehelp het, gehuisves het, kos gegee het en hul tyd gedeel het. Sonder julle sou hierdie reeks van Weg Agterpaaie Weskus nie gebeur het nie. Dankie ook aan Via en Red Pepper Productions vir die geleentheid. En dankie aan almal wat ons reis hier gevolg het. Sien julle iewers op die agterpaaie!

    Weg Agterpaaie Weskus begin op 17 Januarie 2018 op Via om 8.30 nm. Nuwe episodes weekliks om Woensdae 8.30 nm. met heruitsendings Sondae 8 nm.
    Read more