Satellite
Show on map
  • Dag 30 - Dewetsdorp

    October 29, 2018 in South Africa ⋅ ☀️ 32 °C

    Ons maandlange reis deur die Vrystaat is op 'n einde. Die dag begin in Rosendal - ons ry oor Ficksburg, Clocolan en Hobhouse na Dewetsdorp. Hier besoek ons die Jimmie Roos-nywerheidskool waar Joggie Jansen (voormalige Springbokrugbyspeler) terapie met kinders doen deur perde in te span. Kliniese sielkundige Stefan Burger vertel ons hoe dié skool kinders se lewens kan verander - en hy speel vir ons 'n liedjie oor die Vrystaat. Die skool se gumboot-dancers lewer 'n puik vertoning vir die kameras. Dan klink ons vir oulaas 'n glasie Rhebokskloof. Dankie aan almal wat ons padlangs ontvang en gehelp het. Dankie ook aan ons puik kameramanne, Christiaan Kritzinger en Louw Prinsloo. Weg Agterpaaie Vrystaat begin op 9 Janaurie 2019 op Via TV.

    Oornagplek: Die Wilgers, Jimmie Roos (29 Okt)
    Ashwood Guesthouse & Spa (30 Okt)

    Weg Agterpaaie Vrystaat is ondersteun deur lekkeslaap.co.za, Isuzu SA, Land Rover-slimfone en Rhebokskloof-wynlandgoed.
    Read more