• WegTydskrif
  • WegTydskrif

Kom ons ry Kongo toe

Una aventura de 93 días de WegTydskrif Leer más
  • 16 876,4 km

    12 de diciembre de 2016, Sudáfrica ⋅ ☀️ 23 °C

    Hoe ver is 16 876,4 km? Dis ver, maar ook nie so ver nie. Kaapstad - Kasane - Kafue - Kapiri Mposhi - Tunduma - Iringa - Morogoro - Bagamoyo - Zanzibar - Usambaraberg - Mkomazi - Arusha - Tarangire - Manyarameer - Ngorongoro - Serengeti - Victoriameer - Kigali - Gisenyi - Goma - Kibuye - Kigoma - Katavi - Tanganjikameer - Mbala - Kasanka - Lusaka - Livingstone - Francistown - Johannesburg - Cradock - Kaapstad. Ons is veilig terug. Geen pap wiele. Geen grensprobleme. Geen omkoopgeld. Twee verkeersboetes. En soveel dinge wat ons vir altyd gaan onthou: berggorillas, die donker grom uit die maag van 'n vulkaan, 10 miljoen vlermuise, Nyungwewoud se voëls, Amani se trapsuutjies... Ons is geseënd. Dankie aan almal wat virtueel saamgereis het, en die talle mense wat ons padlangs gehelp het. Julle weet wie julle is. Groete, Toast & Alice.Leer más

    Fin del viaje
    12 de diciembre de 2016