• WegTydskrif
  • WegTydskrif

Weg Agterpaaie Weskus

Uma 29aventura de um dia na WegTydskrif Leia mais
  • Dag 28 - Na Alexanderbaai, en die einde

    28 de novembro de 2017, África do Sul ⋅ 🌙 17 °C

    Onder Rail se Kop word ons wakker, en pak teësinnig op. Rey vat voor, Beenbreek-pad uit, en ons groet hom by die teerpad. Nou ry die twee Fortuners (een met Toast en Sophia in, die ander met kameramanne Chris Kritzinger en Louw Prinsloo) alleen langpad Alexanderbaai toe. Daar gekom drink ons koffie by Oppie Stoep en ry dan tot teen die see - hier hou Weg Agterpaaie Weskus op. Agter ons lê 3000 km wat ons binne 28 dae afgelê het, 13 episodes is opgeneem en 2 skaapkoppe geëet. Ontelbaar hekke is oopgemaak en ewe veel stories gehoor van die wonderlike mense van hierdie geweste. Dankie aan almal wat ons gehelp het padlangs, ons waardeer dit. Weg Agterpaaie Weskus begin middel-Januarie op Via.

    Oornagplek: Brandkaros, naby Alexanderbaai
    Leia mais

  • Dag 29 - Terug Kaap toe

    29 de novembro de 2017, África do Sul ⋅ ☀️ 22 °C

    Vandag ry ons 850 km van Brandkaros teen die Oranjerivier terug Kaapstad toe. Dit bring ons totale reisafstand op 3840 km na 29 dae op pad. Baie dankie aan al die wonderlike mense wat ons padlangs gehelp het, gehuisves het, kos gegee het en hul tyd gedeel het. Sonder julle sou hierdie reeks van Weg Agterpaaie Weskus nie gebeur het nie. Dankie ook aan Via en Red Pepper Productions vir die geleentheid. En dankie aan almal wat ons reis hier gevolg het. Sien julle iewers op die agterpaaie!

    Weg Agterpaaie Weskus begin op 17 Januarie 2018 op Via om 8.30 nm. Nuwe episodes weekliks om Woensdae 8.30 nm. met heruitsendings Sondae 8 nm.
    Leia mais

    Final da viagem
    29 de novembro de 2017