• Dag1: Beaufort Wes

    September 20, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 26 °C

    Laatmiddag in Beaufort Wes! Ons slaap vanaand in die oulike kliphuisies van The Vale gasteplaas, maar loop eers 'n draai deur die dorp en loer in by Die Spinwiel in Donkinstraat. Van buite lyk dit soos 'n alledaagse oudhedewinkel, maar stap deur die deur met die loodglasvensters na die agterplaas en dis asof jy in 'n ander tyd in die verlede instap.Read more