Dag1: Winelands 1 stop
September 19, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 24 °C
Stop eers om die kar se brandstoftenk vol te maak en ons mage met 'n Wimpy ontbyt. Jan is lus vir roosterbrood, gebakte eiers, wors en spek en eet dus 'n "Executive Breakfast en ek kies 'n croissantRead more
Dag1: Du Toitsklooftonnel
September 19, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 25 °C
Die meeste mense ry deesdae deur die groot Hugenotetonnel tussen die Paarl en Worcester, maar ons het besluit om die uitlaatgasse en lang tonnel te vermy en eerder oor die Dutoitskloofpas gery en deurRead more
Dag1: Matjiesfontein
September 19, 2016 in South Africa ⋅ ⛅ 27 °C
Matjiesfontein is een van daai plekke waarvan 'n mens altyd hoor en meestal net verbyry, maar ons het besluit om hierdie keer te gaan inloer. Dis asof die dorpie in die vroeë 20ste eeu vasgehaak het.Read more
Dag1: Laingsburg 1 Stop
September 20, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 22 °C
Net betyds vir middagete op Laingsburg! "n Wimpy Burger en 'n coke - dis mos hoe 'n vakansie smaak!
Dag1: N1 - langpad
September 20, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 24 °C
Die N1 tussen Laingsburg en Beaufort-Wes kan lank en eentonig raak. Hier is ook heelwat swaar voertuie op die pad. Ry dus maar rustig en stop langs die pad om bene te rek.
Dag1: Beaufort Wes
September 20, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 26 °C
Laatmiddag in Beaufort Wes! Ons slaap vanaand in die oulike kliphuisies van The Vale gasteplaas, maar loop eers 'n draai deur die dorp en loer in by Die Spinwiel in Donkinstraat. Van buite lyk ditRead more
Dag2: Op pad na die Gariepdam
September 20, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 25 °C
Daar's nog 'n stewige ent se ry wat vandag voorlê en ons is reeds vroeg uit die vere om genoeg tyd te hê om rus-rus te kan ry tot op Bloemfontein. Ons het darem eers by die Wimpy by die groot sirkelRead more









