• Ys visvang

    January 7, 2023 in the United States ⋅ ⛅ -18 °C

    Byna het ons dit gekanselleer! En toe is dit eintlik n ongelooflike 3 ure. Ons het geleer om met handlyn te voel hoe diep die bodem is en ook allerhande tegnieke om die vissies mee uit te vang. Gesellig saam met klompie Koreane in die hut, en Tyson wat ons als leer, het die tyd verby gevlieg. Ons was op n stadium buite toe om te leer hoe mens n visvanggat in 2-3 voet ys maak. Verlig om terug in die hut te wees, het ons weer gevang en toe het Tyson die visse gevlek en gebraai... heerlik!!!Read more