• Een dag in Utrecht

    October 29, 2025 in the Netherlands

    Ons het eintlik net een dag in Utrecht, moeilik om als te sien en te beleef maar dink ons het goed gedoen! 05:30 op en met n lekker koffie by die airbnb begin, daarna na n gesellige koffiewinkel opad na die toring. Ons wou graag die ondergrondse toer doen maar als maak eers 10uur oop en toe wandel ons maar in die winkels rond waar dit bietjie warmer was!
    Het n vriendin van my ma ontmoet en iets gaan eet en drink by n plek met die naam Jozef wat n kinderhoekie het. Heerlik en die kids het besig gebly wat lekker was.
    Ons het toe n bespreking by die Nintje (Miffy) museum.
    Dit was verskriklik oulik en baie interaktief. Liede het en Frede het dit baie geniet.
    Ons het toe rustig by die oudegracht afgestap (klein straatjie lands n kanaal mer interessante winkels) terwyl die kids slaap.
    Laaste drankie en snack saam Eloise en toe kom drink ons n glas wyn en snacks in die airbnb,
    Vandag meer gestap en ons lywe voel dit maar ons kla nie,
    Ek sal weer Utrecht besoek, dit was te kort!
    Read more