Satellite
Show on map
  • Day 2

    Dag nr 2

    August 18, 2023 in South Africa ⋅ ☁️ 12 °C

    En so breek dag 2 aan. Ons is lekker vroeg op om te "tittiwate" en maak reg vir ontbyt. Dit was Blombos huis se beurt om seker te maak ons begin die dag op die regte noot. Ek eet nie eier nie, so vir my was dit bacon, kaas en brood met koffie, maar nie te min begin ons groep mekaar nou lekker ken en die geselskap vloei...

    Ons het tyd vir nog paar fotos en dan word die bagasie gelaai en ons ry om nog meer te verken. Hier bly ons bagasie trailer agter en ons almal skree vir Guiddo om te sê die trailer is af, maar hy ignoreer ons, die nar. Nagelaat om te sê dat ons later vir dit terugkom. So, heel eerste het ons na die Nieuwville se waterval gaan kyk. Dis pragtig en ons almal probeer so naby kom as moontlik. By die stalletjie koop almal roosterkoek en droeë vrugte, al is ons nog trommel-dik vanaf ontbyt. Ons ry regdeur na Matjies-fontein en hier hoor ek vir die eerste keer 'n Namaqualandse aksent, so aangenaam. Ons het die mooiste blommetjies gesien, wat julle nou in die fotos saam kan geniet. Ons gaan besoek toe 'n kerkmark. Mens kry 2 tipes mense sê ek julle: pannekoek eters en nie-pannekoek eters. Ek val in die laaste groep. Het vir my en die gesin die lekkerste konfyte en koekkies gekoop, en natuurlik kon ek nie die oorbelle uitlos nie. Ons skiet toe terug deur na Wes-Kaap vir branstof. Middagete was aarbeie, vir my.

    Ons is redelik agter op tyd en ry dadelik deur na Springbok. Stop eers by Garries en ek moes 'n roomys koop, want R15 vir 'n pink draai-roomys sien mens nie meer nie. Ons kom by ons betemmng aan so na 17h00. Dis te koud om te gaan "explore" en ons huis is in elk geval op aandete-duty. Ek op slaai, Susan op koring kook, en Essie en Jenny op hoenderbredie opwarm. Jong, het ons nou vir julle lekker geëet.

    Nou dat kippie gestort is en lekker in haar warm bedjie is, sê ek eers nag. Hou dop vir dag 3.
    Read more