Satellite
Show on map
  • Day 3

    Day 3

    August 19, 2023 in South Africa ⋅ 🌙 7 °C

    Ons is almal redelik vroeg op om die uitsig vanuit ons venster te bewonder. Die son skyn maar die briesie is koel. Ons maak reg vir ontbyt wat bestaan het uit heerlike French toast en boerewors. Na dit ontmoet ons Nikki, sy is ons pragtige toergids vir die dag. Ons leer van die rots formasies en blommetjies se name en oorspring. Guiddo kom terug met die bussie en so vaar ons Namabiep in. Wat 'n gods-verlate plekkie - maar tog ryk in geskiedenis aangaande die Anglo-boere oorlog en myne. Ons gaan besoek dorpsmerke en neem alles in wat Nikki ons vertel. Ons was by die Hotel (waar ek vir my 'n Namaqualandse kappie gekoop het) en die Blou-myn, waar die klippe nog waaragtig blou is agv die koper. Ons ry toe regdeur na Gagoeb reservaat. Middagete is roosterkoek (baie lekker), en my glimlag het gehelp dat ek die gunsie kry van 'n ekstra stukkie ham. Ons vaar toe die groot vlaktes is en julle sal nou op die fotos kan sien watse bewondering dit was. Ons het weereens so baie geleer. En gou gou was dit tyd vir tee en koek. Julle, ek het lanklaas sulke lekker sjokolade koek geëet. Gaan gerus Sprinkbok toe. Ek het vir myself 'n gehekelde skapie gekoop en hom vernoem na iemand wat baie spesiaal is vir my. Ons kom tuis seker eers so by 18h00, en almal sê hulle is vol en gaan nie eet nie, maar wat gebeur??? Ons eet die lekkerste burgers en mielie, natuurlik met 'n glasie of twee wyn. Ons kamer word die kuier-gat vir die aand, en my ons seker eers almal so 22h00 daar uit (op 'n mooi manier)... more vertrrk ons vroeg terug Wes-Kaap toe. Ek moet sê dat ek die huis effens mis, maar die tyd hier was nodig.Read more