A short but fine adventure by Adél Read more
  • 5footprints
  • 1countries
  • 5days
  • 100photos
  • 0videos
  • 918kilometers
  • Day 1

    Dag nr 1

    August 17, 2023 in South Africa ⋅ ☁️ 10 °C

    Uit ouder-gewoonte kry ek die sitplek heel agter links. Ons vertrek vanaf Hartenbos om 06h40. Almal gesels tog te lekker met mekaar en leer mekaar ken. En kan julle glo, ons is 4 verpleegsters op die trip. Ontbyt stop op Heidelberg, en toe weer vinnig op Woecester vir brandstof. Dit is tog te gesellig, en hierdie 35 jarige geniet die ou garde se stories en grappies. Ons stop op Piekernierskloof vir middagete. Lanklaas het ek sulke mooi natuur gesien, en van hier af word die blommetjies al meer en mooier. Ek was nog nooit in die Nooord-Kaap nie, en hier ry ons Van Rhyns Pas op, en so kom die bord tot verskyning: Welcome in the Northern Cape. Ons stop op Willemsrivier om 16h00, en hier loop kyk ons blomme in die koue, die paar wat al oop is. Ons maak nou reg vir lekker kuier met aandete in hierdie koue en dan dink ek is 'n warm stort in orde... tot more.Read more

  • Day 2

    Dag nr 2

    August 18, 2023 in South Africa ⋅ ☁️ 12 °C

    En so breek dag 2 aan. Ons is lekker vroeg op om te "tittiwate" en maak reg vir ontbyt. Dit was Blombos huis se beurt om seker te maak ons begin die dag op die regte noot. Ek eet nie eier nie, so vir my was dit bacon, kaas en brood met koffie, maar nie te min begin ons groep mekaar nou lekker ken en die geselskap vloei...

    Ons het tyd vir nog paar fotos en dan word die bagasie gelaai en ons ry om nog meer te verken. Hier bly ons bagasie trailer agter en ons almal skree vir Guiddo om te sê die trailer is af, maar hy ignoreer ons, die nar. Nagelaat om te sê dat ons later vir dit terugkom. So, heel eerste het ons na die Nieuwville se waterval gaan kyk. Dis pragtig en ons almal probeer so naby kom as moontlik. By die stalletjie koop almal roosterkoek en droeë vrugte, al is ons nog trommel-dik vanaf ontbyt. Ons ry regdeur na Matjies-fontein en hier hoor ek vir die eerste keer 'n Namaqualandse aksent, so aangenaam. Ons het die mooiste blommetjies gesien, wat julle nou in die fotos saam kan geniet. Ons gaan besoek toe 'n kerkmark. Mens kry 2 tipes mense sê ek julle: pannekoek eters en nie-pannekoek eters. Ek val in die laaste groep. Het vir my en die gesin die lekkerste konfyte en koekkies gekoop, en natuurlik kon ek nie die oorbelle uitlos nie. Ons skiet toe terug deur na Wes-Kaap vir branstof. Middagete was aarbeie, vir my.

    Ons is redelik agter op tyd en ry dadelik deur na Springbok. Stop eers by Garries en ek moes 'n roomys koop, want R15 vir 'n pink draai-roomys sien mens nie meer nie. Ons kom by ons betemmng aan so na 17h00. Dis te koud om te gaan "explore" en ons huis is in elk geval op aandete-duty. Ek op slaai, Susan op koring kook, en Essie en Jenny op hoenderbredie opwarm. Jong, het ons nou vir julle lekker geëet.

    Nou dat kippie gestort is en lekker in haar warm bedjie is, sê ek eers nag. Hou dop vir dag 3.
    Read more

  • Day 3

    Day 3

    August 19, 2023 in South Africa ⋅ 🌙 7 °C

    Ons is almal redelik vroeg op om die uitsig vanuit ons venster te bewonder. Die son skyn maar die briesie is koel. Ons maak reg vir ontbyt wat bestaan het uit heerlike French toast en boerewors. Na dit ontmoet ons Nikki, sy is ons pragtige toergids vir die dag. Ons leer van die rots formasies en blommetjies se name en oorspring. Guiddo kom terug met die bussie en so vaar ons Namabiep in. Wat 'n gods-verlate plekkie - maar tog ryk in geskiedenis aangaande die Anglo-boere oorlog en myne. Ons gaan besoek dorpsmerke en neem alles in wat Nikki ons vertel. Ons was by die Hotel (waar ek vir my 'n Namaqualandse kappie gekoop het) en die Blou-myn, waar die klippe nog waaragtig blou is agv die koper. Ons ry toe regdeur na Gagoeb reservaat. Middagete is roosterkoek (baie lekker), en my glimlag het gehelp dat ek die gunsie kry van 'n ekstra stukkie ham. Ons vaar toe die groot vlaktes is en julle sal nou op die fotos kan sien watse bewondering dit was. Ons het weereens so baie geleer. En gou gou was dit tyd vir tee en koek. Julle, ek het lanklaas sulke lekker sjokolade koek geëet. Gaan gerus Sprinkbok toe. Ek het vir myself 'n gehekelde skapie gekoop en hom vernoem na iemand wat baie spesiaal is vir my. Ons kom tuis seker eers so by 18h00, en almal sê hulle is vol en gaan nie eet nie, maar wat gebeur??? Ons eet die lekkerste burgers en mielie, natuurlik met 'n glasie of twee wyn. Ons kamer word die kuier-gat vir die aand, en my ons seker eers almal so 22h00 daar uit (op 'n mooi manier)... more vertrrk ons vroeg terug Wes-Kaap toe. Ek moet sê dat ek die huis effens mis, maar die tyd hier was nodig.Read more

  • Day 4

    Dag 4

    August 20, 2023 in South Africa ⋅ 🌙 12 °C

    Dis ons laaste blomme-kyk dag. Ons ry 08h00 uit Springbok na waar ons ontbyt gaan eet. Niemamd weet waar nie, en ons draai af op hierdie rowwe grondpad. 17km later kom ons by Murasie uit. Ons sit so opgesquash langs mekaar, maar dit maak die hele afêre soveel meer aangenaam. Almal kry koffie of tee en 'n regte engelse ontbyt. Van hier ry ons na die Namaqualand National Park. Daar is landerye met blommetjies, maar ons kon skaars uitklim en mag aan niks vat of naby dit loop nie. Hierdie was in Kammies-Kloof.

    So ry ons vêr deur na Bitterfontein, en hier koop almal iets mooi of lekkers. Ek het craft bier gekoop om by die huis te proe, vernoem na die local wildlife. En toe skiet ons regdeur na Clan William. Wat 'n pragtige dorpie. Ons gooi brandstof in, en hier kom ek op goud af (Cappie sparkling)... moes dadelike ene drink. Ons skiet toe deur Citrusdal toe. Hier word ons afgetrek en almal soek na 'n gordel, maar dit was te vergeefs. Gelukkig het hulle nie binne kom ondersoek nie. Ons ry toe deur na Citrusdal en bly op Citrus Creek.

    Ons maak vinning klaar vir aandete, maar nie voor ek gaan swing nie. Ek is dan nou wel die kind in die groep. Kos is heerlik soos ek nou sit en eet. Check julle weer more.
    Read more

  • Day 5

    Dag 5

    August 21, 2023 in South Africa ⋅ 🌙 15 °C

    En so kom ons by die 5de en laaste dag aan.

    'n Hoenderhaan is eintlik wreed, om mens al 04h00 in die oggend wakker te hê. Dis nie 'n grap nie. Ons maak klaar en 07h30 ry ons uit Citrusdal. Tata miskiet valley... Ons maak baie goeie tyd. Hoekom voel die pad terug huistoe altyd korter as die pad weg daarvan daan? So voor 10h00 kom ons by RietDakkie. Lekkerste kossies daar gehad en pak die pad verder aan. Alles gaan goed. Ons trek af by Swellendam, en koop tog te lekker by een van die geskenk winkels, nes vrouens kan. Daar is die mooiste reënjas met jakkalse op, maar ek kon dit nie koop nie oor ek reeds so lekker gekoop het. Hoop dit hang vlg jaar nog daar... of as iemand nice genoeg wil wees hehe.

    Ons was van plan om op Riversdal weer te stop, maar iets met die agterste wiel is al heel trip snaaks en ons trek by 'n padstal tussen Swellendam en Heidelberg af. Twee van ons bande is vodde. Hier wag ons seker 2 ure vir nuwe bande, maar als in goeie gesindheid. Dot ons verskoning vir nog shopping, en tert eet. Dis 'n voertuig, sulke goed gebeur, maar kyk: Nou skiet ons vir die huis. Ons maak Mosselbaai en Hartenbos seker so net net na 17h00. Ons ruil nommers uit en groet. Ek kom by die huis, en wie anders as Korrel kom groet my heel eerste by die hek. Natuurlik ondersoek hy al my pakkies, hy weet daar is altyd iets vir hom... dis lekker om terug te wees. Mens smag na avontuur, maar ons keer altyd terug na die bekende. Noord-kaap was goed om te sien en te ervaar, maar is nou afgewas en weggebêre.
    Read more