Uydu
Haritada göster
  • Gün 5

    Dag 5

    21 Ağustos 2023, Güney Afrika ⋅ 🌙 15 °C

    En so kom ons by die 5de en laaste dag aan.

    'n Hoenderhaan is eintlik wreed, om mens al 04h00 in die oggend wakker te hê. Dis nie 'n grap nie. Ons maak klaar en 07h30 ry ons uit Citrusdal. Tata miskiet valley... Ons maak baie goeie tyd. Hoekom voel die pad terug huistoe altyd korter as die pad weg daarvan daan? So voor 10h00 kom ons by RietDakkie. Lekkerste kossies daar gehad en pak die pad verder aan. Alles gaan goed. Ons trek af by Swellendam, en koop tog te lekker by een van die geskenk winkels, nes vrouens kan. Daar is die mooiste reënjas met jakkalse op, maar ek kon dit nie koop nie oor ek reeds so lekker gekoop het. Hoop dit hang vlg jaar nog daar... of as iemand nice genoeg wil wees hehe.

    Ons was van plan om op Riversdal weer te stop, maar iets met die agterste wiel is al heel trip snaaks en ons trek by 'n padstal tussen Swellendam en Heidelberg af. Twee van ons bande is vodde. Hier wag ons seker 2 ure vir nuwe bande, maar als in goeie gesindheid. Dot ons verskoning vir nog shopping, en tert eet. Dis 'n voertuig, sulke goed gebeur, maar kyk: Nou skiet ons vir die huis. Ons maak Mosselbaai en Hartenbos seker so net net na 17h00. Ons ruil nommers uit en groet. Ek kom by die huis, en wie anders as Korrel kom groet my heel eerste by die hek. Natuurlik ondersoek hy al my pakkies, hy weet daar is altyd iets vir hom... dis lekker om terug te wees. Mens smag na avontuur, maar ons keer altyd terug na die bekende. Noord-kaap was goed om te sien en te ervaar, maar is nou afgewas en weggebêre.
    Okumaya devam et