• Brela Roadtrip Dag

    October 1 in Croatia ⋅ ☁️ 15 °C

    Vroegoggend gooi Altus sy visstok in op die hawe. Die weer is kwaai en omgekrap. Geen sukses. Ons stap n draai deur die dorp en pak op. Ferry oor tot by Orebic. Koop nog vars lemoensap, granaatsap, neute en lemoenskil-swiets by n boer stalletjie. Hierdie goed begin my suurpens gee vandag (of is dit die blik Naartjie Croatia Game poeier wat ek die laaste 2 dae opgevreet het 🤨) Ons kruis die Peljesac Bridge wat maak dat ons nie die Bosnia & Herzegovina grena hoef oor te steek nie. 2.4km.lank, geen tolhek. Stop by die 1983 National Liberation WW2 Monument. Verwaarloos en vandalized. Nie n deel van hulle geskiedenis wat hulle wil onthou nie.

    Ry honderde switchbacks op paadjies deur klein dorpies. Wat my die meeste vandag opval is hoe SKOON alles is. Afrika armoede het seker baie redes en verskonings, maar om alles skoon te hou, het geen verskoning (pun intended)

    Besoek Biokovo Nature Park se Skywalk. 1228m vertikaal se nou paadjies tot bo. Hoogste teerpad in Croatia. Die wind waai en dis flippen koud. Ons vertoef so lank as moontlik sonder om te vries.

    Vriendelikste ontvangs in my lewe by Villa Pauline in Brela. Kry n bottel Cherry Brandy/Liquer as geskenk.

    Area hier al bewoon deur die Romeine sedert 4th century BC.

    Die 2 atlete oefen, dan is dit sauna, swem en seekos vanaand.
    Read more