• Dag 8 - Welcome to Sarajevo

    October 7 in Bosnia and Herzegovina

    Ons verlaat Montenegro se dak vanoggend. Vandag is ons op die afdraende pad. Die rook is deur die nag weggewaai en Piva Lake Canyon wys al sy glorie.

    Maar dis koud, 4 grade en berg lug. Ons ry weer die 57 tonnels langs Piva Lake en dan nog seker 30 ander tot op die Montenegro/Bosnia grens. Heelpad skaduwee, heelpad flippen koud. Die feit dat die buff/thermals/winter gloves in die pannier is help nie (ook maar lekker stupid).

    Die eerste koffie stop se koolstoof red 4 lewens. Die barman voer ons een of ander Bosnia Jagermeister voor ons mag koffie kry. Die teerpad lyk maar vrotterig maar die scenery bly stunning.

    Ons kies die hoofroete vandag en kry selfs stukke reguit pad. Dit voel sommer vreemd.

    In Sarajevo se buitewyke maak ons n shopping mall stop sonder om iets re koop. n Groot begraafplaas loer deur die bome langs die pad.

    Soos Rundu was Sarajevo ook net aan ons bekend gemaak deur oorlog berigte op radio en TV in ons jonger dae.

    Sarajevo is egter eerder wêreldbekend omdat Aartshertog Franz Ferdinand op 28 Junie 1914 hier vermoor is deur Gavrilo Princip. Daardie gebeurtenis was die vonk wat die Eerste Wêreldoorlog help ontketen het.

    In die 1990’s het die stad weer in die middel van geskiedenis beland. Tydens die Bosniese Oorlog was Sarajevo van 1992 tot 1996 onder beleg, een van die langste beleërings van ’n hoofstad in moderne geskiedenis.

    Dis spesiaal om so deur n deeltjie wêreldgeskiedenis te reis, al is dit net vir n klein rukkie.

    Ons eindbestemming is die dorpie Konjic. Ons arriveer vroeg, boek in by ons verblyf en kyk een Leon Schuster fliek om weer soos Saffas te voel.

    Daar is tekens dat die toer nou té lank raak. Kobus merk op dat daar n Moslem darem mooi op die noot sy uurlikse gebed oor die dorp uitbasuin het terwyl Marius met sy denim en plakkies gaan uiteet ....

    Wanneer Stefan dink niemand kyk nie, eet hy alleen in die garage uit sy motorfiets se sweets pannier ..... Geen wonder hy word nie honger nie.

    Ons stap deur die ou dorp. Deel n pizza en geniet n Bosnia bier. Die waitress frons wanneer ek rakija met coke mix, maar dit smaak vorentoe.

    Pushups op die 1682 Stara Ćuprija brug. Geen ou oom wat join nie.

    More oggend gaan ons kyk waar oom Tito (nie Mboweni) sy bendehuisie onder die berg gegrawe het uit vrees vir n atoom bom.

    Dan val ons in die pad vir die 2d laaste been.

    Partykeer moet mens groot dinge doen om die klein dinge te waardeer.

    Lekker slaap Suid Afrika.

    Nag ou grote
    Read more