Satellite
Show on map
  • Day 21

    Vega de Valcarce to Linares

    May 21, 2022 in Spain ⋅ ☁️ 27 °C

    17km - moeg en grumpy wakker geword. Dalk omdat die perdry ge kanselleer was. Dit het gelukkig vir die beste uitgedraai. Dit was een van die mooiste dae op die Camino en kon dit net op voet waardeer. My sak was klaar betaal om te vervoer en het toe vandag minus 7kg gestap en dit was hemels! Die berg op kom jy agter hoe fiks en sterk jy geword het die afgelope paar weke. Geen pyn of skete gevoel nie.

    O Cebreiro in Galicia is pragtig en ek voel sommer hartseer om te moet deur stap na my akkomodasie in die volgende dorp. Ek loop by die klein kerkie in en kry n emotionele spaanse vrou. Ek vra “estas bien?” (you ok?), en sy vat my arm en bars uit in trane. Ek tjank sommer saam vir geen rede. Paar minute later verduidelik sy in gebroke engels dat die kerk baie betekenis het vir haar.

    In ander groot nuus kon ek vanoggend vir die eerste keer brunch bestel in flot Spaans 🎉
    Read more