Satellite
Show on map
  • Day 3

    Eerste dag by skool

    March 5, 2019 in South Korea ⋅ 🌙 7 °C

    Na ek darem die regte knoppie gekry het, onthou het om my skoene buite die deur te los en iets gemompel het wat naastenby soos hulle groet klink (natuurlik met die gepaardgaande buigie wat lyk soos ek wat oor n sypaadjie teël struikel) kan ek my verkyk aan die klein grootmensies wat by die deur inkom. Hulle 4-jariges lees beter as meeste van S.A. se hoërskool kids. Ons kry lunch by die skool en Michael teacher vd U.S. vertel my ek sal elke dag ander korean kos kry. Verder is hul groot op recycling en jy betaal as jy kos weggooi. Aan die einde van elke dag moet jy jou asblik uitsort in recycling sakke...dis gross. Om tot 6uur vir die klein grootmensies skool te gee is erg uitputtend en ekt sommer gaan slaap....gelukkig kan ek middernag opstaan en straataf stap om iets te ete te kry!Read more