• Sondag stappie

    2 luglio 2017, Sud Africa ⋅ ☀️ 19 °C

    Na kerk het ons vir n stap uitstappie gegaan op Saint Blaize trial, dis 'n pragtige sonskyn dag in Mosselbaai en dis heerlik om so in vars die seelug te wees. In die verte sien ons 'n walvis blaas.

    Dis opvallend hoe lui die mense is, hulle sit in hulle karre langs die see en lees koerant met skoothondjies en kinders wat op die agterste sitplekke watsapp. Wat het geword van uitklim en hardloop? Die surfers is plek plek bietjie naby aan die klippe by die punt...vreesloos tussen al die haaie hier in die donker Kaapse waters.

    {Issy}
    Leggi altro