• Pantheon & Jardin de Luxembourg gardens

    September 26, 2017 in France ⋅ ⛅ 20 °C

    When in doubt get "un vélo"!! Ons het wraggies die hele Parys plat gefiets, die fietslaan en motorbestuurders is almal baie bedagsaam teenoor die fietsryers so mens voel eintlik heel veilig, plek plek moet jy die busse trotseer want jy deel 'n baan, maar ons wrap dit.Ons het al langs die Seine rivier gery teen 'n paar moewiese bulte op tot by die Franse weergawe van die Panthéon, ons het al te lekker saam die studente daar gesit op die bankies. Daarna is ons na die pragtige tuine waar honderde Parysenaars en hulle honde stap, tennis speel en net die sonskyn geniet. Die Engelse sê "well kept" die tuine is rêrig so mooi en lyk perfek geplant.

    {Issy}
    Read more