Satellite
Show on map
  • Day 6

    Dit is weer stand toe tyd!

    September 19, 2023 in Spain ⋅ ☁️ 25 °C

    Ons was weer vanoggend strand toe sodat die kinders die see en strand kan geniet voor die reën die middag kom. Mamma en Heinrich het baie lekker alleen geswem en grappies gemaak. Pappa het 'n draai op die strand gaan stap met Lourens in sy Tragetasche.
    Toe Pappa hulle terugkom het Pappa en Heinrich begin sandkastele bou. Lourens wou saam speel maar het meer als stukkend gemaak as wat hy gehelp het. Lourens toe bietjie vaak geraak en was lus vir 'n klein siësta by Mamma. Toe bou Pappa en Heinrich 'n Baba tronk sodat Lourens nie kan ontsnap nie. Toe Lourens wakker word was die Baba tronk op die proef gestel. Daarna het ons almal weer heerlik in die see geswem en baljaar.
    Toe het ons als begin oppak en 'n vinnige eetplek gesoek. Ons het by Tuk Tuk street food Pizza, n broodjie en slap chips geëet! Ons was aangenaam verras met die lekker kos en Heinrich het dit ook geniet.
    Toe het ons begin terug loop huistoe en toe begin die reën. Heinrich het sy draai roomys gekry en ons het 'n lekker wegneem koffie geniet. Ons was terug Hotel toe en die seuntjies het beide 'n goeie lang siësta gemaak na die dag se pret.
    Ons leer vir Heinrich dat die woord "dankie" in Spaans - "Gracia" is.
    Read more