Satellite
Show on map
  • Day 8

    Strand, see en eet by Spaanse Restaurant

    September 21, 2023 in Spain ⋅ 🌬 26 °C

    Vandag was ons laaste dag in Mallora. Ons het die kinders weer strand toe geneem om die laaste strand en swem in die see te geniet. Heinrich het weer saam met Pappa 'n baba tronk gebou om weer vir Lourens te keer om te ontsnap see toe. Hulle het alles probeer om die baba tronk sterk te maak. Lourens het intussen moeg geword en maar weer teen Mamma se bors geslaap. Toe Lourens wakker word, was die Baba tronk vir 'n 2de keer op die proef gestel. Lourens het hard probeer maar kon nie uit die baba tronk ontsnap nie. Almal het geswem, maar dit was nie lank nie toe kry beide seuntjies koud.
    Ons het toe almal warm gemaak en droog aangetrek, en toe hou die seuntjies piekniek op die strand terwyl ons ook gou aantrek. Toe het ons geloop na 'n Spaanse Restaurant - El Mundo, en daar heerlik middagete gaan eet. Oppad soontoe moes ons eers deur "Sodom en Gomorra" loop. Die restaurant was so weggesteek en was 'n baie lekker en cool plek. Reinier het sy paella geëet en ek het hoender krokette en nachos geëet.
    Read more